|

AfriForum stig tak in Durbanville

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 11 Augustus 2022 ’n tak in Durbanville gestig nadat talle inwoners hul behoefte vir die stigting van ’n AfriForum-tak uitgespreek het.

Die bestuur bestaan uit Leendert Stoop (voorsitter), Johardt van Heerden (ondervoorsitter), Christa Rheeder (sekretaris), William Waugh (tesourier), Adriaan Lombard (gemeenskapsveiligheid), PC van Zyl (omgewingsake) en Richard Downing (plaaslikeregeringsake)

“Die gemeenskap het AfriForum genader en die behoefte aan ’n tak uitgespreek. Hulle is van mening dat AfriForum hoofsaaklik op die gebiede van gemeenskapsveiligheid en omgewingsake ’n verskil kan maak,” sê Johan Crous, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Probleme wat hierdie tak wil aanpak, sluit in onwettige plakkers en inbrake.

“Die nuutgestigte tak wil graag die gemeenskap by hul projekte betrek en gaan onder meer daarop fokus om samewerking met plaaslike owerhede en rolspelers te bevorder. Hulle gaan ook nie skroom om self moue op te rol om probleme uit die weg te ruim nie,” sê Crous.

Die Durbanville-tak moedig die gemeenskap aan om by AfriForum betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Durbanville” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings