AfriForum verwerp rasbehepte toerisme transformasiefonds

Die burgerregteorganisasie AfriForum het antwoorde van die Departement van Toerisme geëis rakende die regering se nuutste planne om teen minderhede te diskrimineer. Dit volg ná die departement en die Nasionale Bemagtigingsfonds ’n nuwe fonds bekendgestel het om transformasie in die toerismesektor te help bewerkstellig.

Dié fonds sal finansiële hulp bied aan swart entrepreneurs wat in die toerismesektor wil belê. Volgens die departement het die fonds ten doel om transformasie op ’n direkte wyse te versnel en ’n nuwe generasie van ondernemings in swart besit in dié sektor te vestig.

AfriForum het ’n openbare toegang tot inligting-aansoek (PAIA) op die departement beteken om vas te stel hoe daar besluit is op die kriteria vir aansoeke.

“Dit is verregaande om ras as maatstaf te gebruik om te bepaal wie finansieel deur die fonds gehelp sal word. Dit is ook direk teenstrydig met die Grondwet se bepalings rakende nierassigheid,” sê Jacques Broodryk, veldtogtebestuurder by AfriForum. AfriForum en Solidariteit het reeds in September ’n oorwinning behaal toe die appèlhof in Bloemfontein beslis het dat die kriteria van die Departement van Toerisme se hulpfonds ongrondwetlik is. Lees die verklaring hier

Soortgelyke plasings