|

Apiesrivier-buurtwag kry nuwe selfoon en voertuigmagnete

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag het ’n nuwe selfoon gekry om gemeenskapslede op ’n meer doeltreffende wyse by te staan. Hierdie selfoon is vanaf 7 Julie in werking en sal hoofsaaklik vir noodgevalle gebruik word. Diegene wat in nood verkeer, kan 076 647 2942 skakel vir hulp.

Intussen het die buurtwag op 6 Julie ook nuwe voertuigmagnete gekry om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog.

“Ons versoek die Apiesrivier-gemeenskap om aktief by die tak en buurtwag betrokke te raak. Die buurtwag is voortdurend besig om te kyk hoe ons die gemeenskap beter kan bystaan. Dit is dus vir ons belangrik om sigbare patrollies te hou sodat ons die inwoners in ons gemeenskappe kan ondersteun en misdadigers die gebied ontsê. Ons is dankbaar aan elke AfriForum-lid vir hul bydraes om projekte soos hierdie moontlik te kan maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Om deel te raak van AfriForum se Apiesrivier-tak of -buurtwag, stuur ’n boodskap na 076 647 2942 of SMS “Apiesrivier” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings