|

Die AfriForum Jeug-tak in Christiana verras bejaardes

Die AfriForum-tak in Christiana se jeugvleuel het op 2 September bejaardes van die SAVF Edith Smith-tehuis verras met gevulde pannekoeke.

Dié jeugvleuel is ook vanaf 1 September aktief en hul het sommer onmiddellik aan die werk gespring met hul eerste goedvoelprojek. Die gevulde pannekoeke was die perfekte verversing op ’n koue dag. Shanique Jacobs, verteenwoordiger van die SAVF Edith Smith-tehuis, het die jeug hartlik bedank en die bejaardes het die verrassing baie geniet.

“Gedurende die inperkingstyd was besoekers nie by ouetehuise toegelaat nie. Dit het veroorsaak dat ons bejaardes meer eensaam en alleen voel. Gelukkig kon ons hierdie goedvoelprojek doen om ons oumense te wys dat ons aan hul ook dink in hierdie tyd,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Alicia van der Westhuizen, voorsitter van AfriForum Jeug in Christiana, is positief oor die jongmense en die rol wat AfriForum in haar gemeenskap en dorp kan speel.

Raak vandag nog betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak. SMS jou naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings