|

Laer-suidkus-tak skaf nuwe veiligheidstoerusting aan

Verskeie veiligheidstoerusting soos koëlvastebaadjies, kolligte, noodhulpsakke, voertuigmagnete, kegels en pepergas is onlangs deur die Laer-suidkus-tak aangeskaf om buurtwagte toe te rus om die gemeenskap meer doeltreffend te beveilig.

“AfriForum-buurtwagte speel ’n kardinale rol wanneer dit by misdaadbekamping kom  en hulle is al hoe meer aktief in die beveiliging van die gemeenskap betrokke daarom is hierdie toerusting noodsaaklik,” sê Christo Stoltz, AfriForum se voorsitter van die Laer-suidkus-buurtwag.

“Die tak beoog om in die toekoms hulle veiligheidstoerusting nog verder uit te brei,” sê Theuns Bosshoff, AfriForum se voorsitter van die Laer-suidkus-tak.

“AfriForum is deel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Provinsiale Landelike Veiligheidskomitee en werk uitstekend saam. Vergaderings word driemaandeliks gehou waarin probleme en oplossings bespreek word,” sê Eugene van Aswegen, provinsialekoördineerder van KwaZulu-Natal. 

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak en die Laer-suidkus-tak uit te brei: SMS “Laer-suidkus” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings