|

Potchefstroom-tak sny gras by Alexander Park

AfriForum se Potchefstroom-tak het op 2 Desember ingespring en die lang gras in die Alexander Park-begraafplaas gesny. Behalwe vir die tak se eie grassnyer, het lede ook ’n trekker met ’n snyer en twee kleiner grassnyertrekkers, gebring waarmee hulle gehelp het om die gras te sny. Van die bome is ook gesnoei.

Die tak beplan om op 10 Desember om 08:00 op die terrein langs die Alexander Park-begraafplaas indringerbome af te saag en met gif te behandel. Daar word ’n beroep op die gemeenskap van Potchefstroom gedoen om te kom help sodat die werk vinniger afgehandel kan word. Die bome wat afgesaag word kan vir brandhout geneem word.

Piet Theron, die waarnemende voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-tak, bedank graag Chris Buys en Nelis Coetzee vir hulle grassnyertrekkers en Douglas Bourn vir sy groot trekker. Dirk Venter word ook bedank omdat hy mense gebring het om te help. Almal se hulp het die taak aansienlik makliker gemaak. 

“Dit is baie lekker dat lede van die gemeenskap begin inspring en help om ons erfenis te bewaar. Dit is slegs as ons mekaar se hande vat dat ons die verval sal stuit en dit wat vir ons belangrik is, sal kan red,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak by die Potchefstroom-tak betrokke en help om jou omgewing beter te maak. Kontak vir Leanie van Ronge by 066 423 9239 om aan te sluit.

Soortgelyke plasings