Rampregulasies skep onsekerheid en wantroue

Die rampregulasies wat gister bekendgemaak is skep onsekerheid en wantroue by die publiek aangesien die regulasies nie duidelik is nie.  Hierdie regulasies kom ná ’n ramptoestand weens die kragkrisis op 9 Februarie 2023 afgekondig is. ’n Duidelike uiteensetting oor hoe die regering deur middel van hierdie regulasies die kragkrisis gaan oplos en die stappe wat in plek gesit gaan word om die doel te bereik ontbreek. 

“Dit blyk dat die samestelling van hierdie regulasies lukraak gedoen is om die publiek te paai. Die regulasies is onnodig omdat die maatreëls wat daarin vervat is reeds in bestaande wetgewing voorsiening voor gemaak word,” sê Tarien Cooks, rampbestuurspesialis by AfriForum. 

Soortgelyke plasings