|

Swellendam-tak skenk skryfbehoeftes ter waarde van nagenoeg R8 000 aan bewaarskool

AfriForum se Swellendam-tak het in November skryfbehoeftes ter waarde van nagenoeg R8 000 aan die Vulindlela Msenge-bewaarskool in Railton geskenk. Dié skenking sal help toesien dat die sowat 60 kinders in dié skool ’n waardevolle hupstoot in hul onderrig kan kry. Die tak het in November ook ’n soortgelyke skenking aan die Mossienes-kleuterskool in dié dorp gemaak.

Met die skenkings van penne, inkleurpotlode en selfs prettige partytjiepakkies maak AfriForum se Swellendam-tak op ’n tasbare wyse ’n verskil in die Swellendamse gemeenskap. 

Volgens Wally Walters, voorsitter van die Swellendam-tak, is skenkings soos dié ’n belangrike manier waarop die tak ’n bydrae tot die gemeenskap maak. “Dit is vir ons belangrik dat die gemeenskap weet ons dra hul belange op die hart en dat ons hier is om te help,” verduidelik Walters.

Sluit aan by die Swellendam-tak en maak ’n verskil in jou gemeenskap. Stuur ’n e-pos na voorsitter.swellendam@afriforumtak.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings