| |

Sukses: Interdik toegestaan om R50 miljoen-skenking aan Kuba te keer

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag suksesvol ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van ’n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelte van AfriForum se regsoptrede teen die skenking. Die tweede deel behels ’n hersieningsaansoek op ’n latere datum om die regering se besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer.

Die hof het bykomend ook beveel dat die respondente die koste van die aansoek moet betaal. Volgens regter Neukircher verteenwoordig AfriForum die publiek se breër belange en daar is geen rede waarom AfriForum hand in eie sak moet steek nie.

“Ons is baie bly dat ons dit reggekry het om hierdie onwettige en skandalige skenking te keer. Ons is nou baie optimisties dat ons hersieningsaansoek suksesvol ’n einde aan die saak sal maak. AfriForum beloof om aan te hou veg teen buitensporige en verkwistende uitgawes wat belastingbetalers se geld mors,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Soortgelyke plasings