| |

Vanderbijlpark-tak bederf inwoners met sjokolade vir Moedersdag

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op Saterdag 11 Mei ter ere van Moedersdag sjokolade met ’n spesiale kaartjie aan die vroulike inwoners van Jeugland-ouetehuis in Vanderbijlpark uitgedeel. Hulle het ook sjokolade by die verkeerslig by die Checkers in Frikkie Meyer Boulevard uitgedeel.

Die doel van hierdie aksie was om vreugde te versprei, veral onder bejaardes, wat sulke gebare dikwels geweldig waardeer.

“Om sjokolade vir Moedersdag uit te deel, gee ’n lieflike aanslag aan die geleentheid en toon bedagsaamheid teenoor diegene in die gemeenskap. Dit is gebare soos hierdie wat help om sterker gemeenskapsverhoudinge te bou en mense gewaardeer te laat voel,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder aan die Wes-Rand.

Hy bedank AfriForum se Vanderbijlpark-tak vir hierdie inisiatief om die bejaardes op te beur.

Soortgelyke plasings