Veiligheid
Buurtwagte
Die waarde van buurtwagte is al oor en oor bewys, veral wanneer hulle saam met ander veiligheidstrukture soos gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en die SAPD werk.
AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.
Grenswag
AfriForum het ’n nuwe projek van stapel gestuur wat ten doel het om Suid-Afrika se grense te beveilig.
Die grenswag inisiatief fokus daarop om AfriForum se veiligheidstrukture in grensgebiede reg oor die land te versterk en te ondersteun. Verskeie individue en organisasies het reeds aangedui dat hulle graag toerusting sal wil borg vir die buurt- en plaaswagte in grensgebiede.
Open Borders, ’n dokumentêr wat AfriForum vervaardig het, ontbloot die absolute gebrek aan grensbeheer op Suid-Afrika se grens met Zimbabwe en ondersoek die vlaag misdaad wat dit tot gevolg het.