|

Walker Drive-buurtwag vul nóg slaggate op

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 21 Julie ses sakke teer gebruik om twee yslike slaggate op te vul. Dié tak het besluit om op Walkerrylaan te fokus omdat dié pad baie verkeer dra en verskeie motorbande al deur dié slaggate beskadig is.

Aangesien slaggate een van die vele uitdagings in Gqeberha is, het die buurtwag besluit om die skadelikste slaggate op te vul.

“Die opvul van hierdie twee slaggate wys die vordering wat ons al in die gemeenskap gemaak het. Ons is verheug oor die sukses van hierdie projek en die positiewe impak wat dit op die padveiligheid en verkeersvloei het. Ons is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning en die verskillende sekuriteitsmaatskappye soos Extreme Security en CityWide Security se betrokkenheid. Ons bedank ook Much Asphalt Gqeberha vir hul teerskenking en Hire EC vir hul kompakteerder,” sê Hannes Oosthuizen, leier van die Walker Drive-buurtwag.

AfriForum se Walker Drive-buurtwag moedig die gemeenskap aan om aan te sluit en só te help om munisipale verval teen te werk. Kontak Wikus van der Walt by 066 486 7611.

Soortgelyke plasings