|

Zeerust-tak vul slaggate op

AfriForum se Zeerust-tak het op 22 Oktober slaggate in Zeerust opgevul. Die area wat op gefokus is, is Zee- en Bergstraat. Daar was 105 liter bitumen en 120 sakke teer (3 ton teer) gebruik. Met hierdie teer is ’n totaal van 113 slaggate opgevul.

Die Zeerust-tak wil graag aanhou om hierdie tipe noodsaaklike projekte te bestuur, maar kort die gemeenskap se hulp, hetsy finansieel of handearbeid. Sonder die tak-lede sou hierdie projekte nie kan plaasvind nie.

“Baie dankie vir die gemeenskap wat verversings en finansiële bystand met die slaggat-projek gebied het. AfriForum se Zeerust-tak sal aanhou om sulke projekte te bestuur wanneer ons sien dat die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit nie hulle werk doen nie,” sê Pierre van der Walt, voorsitter van die Zeerust-tak.

“Dit is altyd so goed om te sien hoe die gemeenskap saamstaan wanneer daar verbeterings aan Zeerust aangebring moet word. Aangesien die plaaslike munisipaliteit nie die vermoë het om hulle werk te doen nie, wys die gemeenskap dat hulle self sal inspring en die werk gedoen sal kry,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum se Zeerust-tak wil ook vir Coastal Hire vir hulle toerusting en handearbeid bedank wat hulle vir die dag verleen het.

Word vandag nog deel van AfriForum se Zeerust-tak: SMS “Zeerust” na 45344 (R1) of skakel vir Pierre van der Walt by 082 569 8564.

Soortgelyke plasings