|

AFRIFORUM JEUG IN KIMBERLEY MAAK BURGER-MONUMENT SKOON

AfriForum Jeug se Kimberley-tak het op 21 Augustus 2021 die Burger-monument in Magersfontein skoongemaak en kranse neergelê. Die projek is saam met die Rapportryerbeweging, die Voortrekkers, Landsdiens en lede van die publiek aangepak.

Die monument is laas in 2019 skoongemaak en meer as 90 mense het op die dag opgedaag en gehelp om skoon te maak.

“Geskiedenis is vir AfriForum Jeug van uiterste belang. Dis waarom dié organisasie geskiedenis en erfenis beskerm. As ’n mens nie weet waar jy vandaan kom nie, weet jy beslis nie waarheen jy op pad is nie,” sê Petri van der Walt, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorpstrukture.

“Dit was ’n besonderse dag by die monument. Daar was ’n uitstekende opkoms van verskillende belanghebbende Afrikanerkultuurerfenisgroepe en saam kon ons wondere verrig. Marius Nagel het ná die tyd ’n besonderse stuk geskiedenis gedeel. Ons sal beslis in die toekoms soortgelyke projekte aanpak,” sê Henko Visser, voorsitter van AfriForum Jeug se Kimberley-tak.

Raak vandag nog by die jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n verskil te maak. Stuur ’n e-pos aan petri.vanderwalt@afriforum.co.za of SMS “Jeug” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings