|

AfriForum se Centurion-tak maak waterkanaal skoon met hulp van Tshwane Metro

Die AfriForum-tak in Centurion het op 2 Oktober 2021 die stormwaterkanaal tussen Breyton- en Redderburgstraat in Rooihuiskraal-noord skoongemaak. Lede van die Tshwane Metro en politieke partye het ook hand bygesit om saam met die organisasie skoon te maak.

Lang gras in openbare areas bied wegkruipplek vir kwaaddoeners en veroorsaak dat misdadigers nie vasgetrek kan word nie. Hoewel veiligheid baie belangrik is, is dit nie die enigste doelwit nie, aangesien die projek ook bydra tot die algehele netheid van die strate en openbare ruimtes.

“Baie dankie aan al die politieke partye, die Tshwane Metro-lede en al die inwoners wat kom help het. Dit is ongelooflik lekker as almal hande vat en saamwerk. Die Centurion-tak plaas die belange van die gemeenskap eerste en wil graag deur middel van aksies soos hierdie verseker dat onwettige storting nie plaasvind nie en die besoedeling van waterkanale verminder,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

“AfriForum se Centurion-tak wil bydra tot ’n veiliger en skoner gemeenskap. Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike tak betrokke te raak en ons te ondersteun om nog meer suksesse te behaal. Ons is dankbaar vir elkeen wat tyd opgeoffer het om deel te neem aan hierdie aksie,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifiëring op die gratis Telegram-toep by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen of SMS “Centurion” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings