|

Kallie Kriel woon AfriForum-tak in Sasolburg se jaarvergadering by

Die AfriForum-tak in Sasolburg het op 17 Mei hul jaarvergadering gehou en is op hierdie geleentheid ook deur Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum toegespreek.

Johan Cooks, die plaaslike takvoorsitter het verslag gelewer van die tak se werksaamhede wat hoofsaaklik bestaan uit skoonmaakaksies in die dorp, slaggate herstel en gras sny. Die grootste prestasie is dat die tak vir hierdie jaar reeds op bykans 110 ha gras gesny staan, teenoor die net oor die 100 ha vir die hele jaar verlede jaar. Cooks het sy bestuur bedank vir hulle volgehoue harde werk.

Kriel het die lede ingelig oor die werking en planne van AfriForum vir die toekoms, sodat hulle die groter prentjie kan sien. Die bestuur het Kriel op ’n besigtigingstoer geneem om te wys wat alles deur die tak gedoen word.  Die jongste projek is die Hoёveldse Tuine waar die AfriForum-tak besig is om skoon te maak en waar daar reeds ’n merkbare verskil is.

Die burgemeester van Metsimaholo, raadslid Jeff Zwane, het ook die vergadering bygewoon en die tak bedank vir die groot werk wat hulle in die dorp doen. Hy het die hoop uitgespreek dat daar goed saamgewerk sal kan word om Sasolburg weer ’n spogdorp te maak.

“Tydens my spreekbeurt kon ek nie anders as om net dankie te sê nie. Ons Hemelse Vader is groot dank verskuldig vir die genade om te doen wat ons doen. Die taklede en die bestuur in Sasolburg verdien ook dank vir hulle bydraes en die bestuur vir hul harde werk. Met hierdie bekwame, gewillige omgeespan sal ek enige taak in die wêreld aanpak,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings