EPG Gas distributors

AfriForum-lede kwalifiseer vir 17%-korting op 9 kg, 19 kg en 48 kg VPG-silinderhervullings by EPG Gas Distributors. Hierdie korting is beskikbaar vir lede wat in die groter Pretoria-area woonagtig is.

AfriForum-lede se registrasieblad: https://www.epggas.co.za/register-afriforum

Gebruik jou identiteits- of paspoortnommer:

  • met registrasie, of
  • tydens die opdatering van jou bestaande profiel

om te kwalifiseer vir die 17%-korting én om die AfriForum-kortingsprys van die produkte te sien.


Vanweë die afleweringsgebied, geld die voordeel slegs vir AfriForum-lede wat in die groter Pretoria-area woonagtig is. Aflewerings geskied gratis van Maandag tot Vrydag vir alle bestellings wat teen 10:00 op die dag geplaas én betaal is. EPG Gas Distributors lewer wettig gevulde en veilige LPGSA-goedgekeurde VPG-silinders en dienste aan die publiek, restaurante en klein ondernemings, asook industrieë.

EPG is geregistreer by The Safe LP Gas Distributors Network of South Africa.

VPG-pryse word gereguleer en verander van maand tot maand.

Kontak EPG Gas Distributors (Maandag tot Vrydag 08:00–16:30)
Kontaknommer: 012 324 3294
WhatsApp: 071 672 2914
Webtuiste: www.epggas.co.za

(Bepalings en voorwaardes geld.)