Veiligheid

Gemeenskapsveiligheid

Noodnommer: 063 639 7170

Opleiding

Opleiding word gratis aan aktiewe AfriForum-buurtwaglede gebied.

AfriForum se buurtwagopleiding begin met basiese Vlak 1- teoretiese opleiding, wat elke Donderdagaand aanlyn aangebied word. Tydens hierdie sessies ontvang lede opleiding in verskeie aspekte om hulle in staat te stel om veilig, doeltreffend en binne die raamwerk van die wet op te tree. Die modules sluit in:

  • Radio- en spraakprosedures
  • Regsaspekte
  • Huis-en-haard-beveiliging
  • Misdaadtoneelhantering
  • Ysterpenlokvalvoorkoming
  • Teenkaping
  • Bevel en beheer
  • Gebiedsbeveiliging
  • Elementêre inligtinginsameling
  • Ongelukstoneelhantering

Vlak 2-opleiding is meer gevorderd en sluit die volgende modules in:

  • Selfverdediging
  • Basiese wapenopleiding
  • Makkerhulp
  • Radio en spraak

Vlak 3-opleiding fokus daarop om buurtwaglede te bemagtig om te spesialiseer in ’n funksie in hulle struktuur.

  • Lede kan self kies waar hy/sy betrokke wil wees. Daar is drie moontlikhede: inligtingspan, operasionele span of steunspan.
  • So gou as wat dit moontlik is vir die lid van die buurtwag, moet hy/sy ’n kursus voltooi in ooreenstemming met sy/haar keuse.
  • Hierdie kursusse word merendeels vanaf ’n Donderdagaand tot Sondagmiddag aangebied.
  • Die kursusse word oor ’n tydperk van twaalf maande geskeduleer en daar sal jaarliks ten minste ses kursusse in elke vakrigting aangebied word, wat binne 12 maande voltooi moet word.
  • Indien enige van die lede van die buurtwag as protospanlid gekeur word, is die voltooiing van vlak 1-kursusse ’n voorvereiste vir toelating.
  • Indien ’n lid van die buurtwag as leier of ’n veiligheidsvoorsitter op die takstruktuur verkies word, moet die Buurtwagleierskursus afgelê word binne ses maande na verkiesing.
  • Inligtingspanleierskursus.
  • Operasionele spanleierskursus
  • Buurtwagleierskursus

Dan is daar ook die Vrywilligeropleidingskorps-modules wat buurtwaglede bemagtig om ander lede op te lei. Dit sluit ook ’n basiese skietinstrukteurskursus in.

  • VOLK-kursus
  • VOLK basiese skietopleidingsinstrukteur

Vlak 4-opleiding is onderhewig aan keuring en daar is tans twee kursusse.

  • Protospankursus
  • Spoorsny- en opvolgoperasies

’n Oorlewing- en observasiekursus is ook tans in ontwikkeling.