Veiligheid
Buurtwagte

Die waarde van buurtwagte is al oor en oor bewys, veral wanneer hulle saam met ander veiligheidstrukture soos gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en die SAPD werk.
AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.
Veiligheidsgids
AfriForum se Gemeenskapsveiligheid-afdeling het ’n omvattende veiligheidsgids vrygestel vir internasionale besoekers, joernaliste en afgevaardigdes wat die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon. Die gids, getiteld Staying safe in South Africa, voorsien buitelandse besoekers van praktiese wenke en inligting om hul veilig te hou tydens hul besoek aan Suid-Afrika.
Die gids bevat noodsaaklike inligting oor situasiebewustheid, vervoerveiligheid, veiligheidsmaatreëls by akkommodasie, finansiële beskerming en noodprosedures, asook ’n oorsig van Suid-Afrika se spesifieke misdaadbedreigings.
Jy kan die veiligheidsgids hier aflaai.



