Ons is Afrikaners

Interkulturele samewerking

Wedersydse erkenning en respek is vir AfriForum belangrik en daarom werk AfriForum ook om interkulturele samewerking in suidelike Afrika te bevorder. Die eenvoudige werklikheid is dat die samelewing saamgestel is uit verskeie kultuurgemeenskappe wat naas mekaar lewe. Goeie verhoudings tussen gemeenskappe maak vreedsame naasbestaan en ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms moontlik.

Op voetsoolvlak bestaan daar oor die algemeen respek en heers daar goeie gesindhede tussen tradisionele en burgerlike leiers en ook tussen gewone burgers wat aan verskillende kultuurgemeenskappe behoort. AfriForum glo daarom dat gemeenskapsinstellings die verantwoordelikheid moet neem om hierdie respek en goeie gesindhede te beskerm en te bevorder en nie toe te laat dat politici polarisasie veroorsaak nie.

Die idee dat regerings nie vir gemeenskappe al hulle probleme gaan oplos nie, begin wyer posvat. Daarom bou AfriForum verhoudings met gemeenskapsinstellings van ander kultuurgemeenskappe deur gesamentlike projekte aan te pak wat gemeenskapselfstandigheid en subsidiariteit bevorder. Suksesvolle gemeenskappe volg ’n benadering van skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes en ervaring. Daarom word daar ook saamgewerk om taal, kultuur en erfenis te bewaar omdat dit belangrik is vir die behoud en uitbou van kulturele identiteit en die uiteindelike volhoubare voortbestaan van gemeenskappe.

AfriForum werk ook saam met tradisionele leierskapstrukture as belangrike gemeenskapsinstellings van kultuurgemeenskappe met die doel om gemeenskapselfstandigheid te bevorder en te verhoed dat hierdie instellings deur politici gekaap en misbruik word.

AfriForum volg ’n benadering van binding en brugbou. Ons bind Afrikaners aan mekaar en mobiliseer energie om vir ons ’n toekoms te bou, en ons bou brûe met ander gemeenskappe sodat gemeenskappe in vreedsame naasbestaan met mekaar voluit vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

Mediaverklarings

20/11/2025
Saailingopleiding verbeter landelike voedselsekerheid en gemeenskapselfstandigheid
19/11/2025
Vennootskap gee opkomende boer hupstoot op haar reis na kommersialisering
04/11/2025
Geskiedkundige vennootskap sorg vir betroubare watervoorsiening aan groentetuin, kantore van Tradisionele Raad en gemeenskapslede
18/09/2025
AfriForum wens UP-student geluk met historiese mylpaal vir Tswana-moedertaalonderrig
15/09/2025
AfriForum wens koning Misuzulu geluk met die sukses van die Koninklike Rietdans
27/08/2025
AfriForum staan Manyi se konsepwetsontwerp vir afskaffing van privaat grondbesit teen; doen beroep op kultuurgemeenskappe om titelaktes vir hul grond te bekom