Beursfonds vir Buurtspanopleiding
Bou vaardighede. Bou gemeenskappe.
AfriForum se buurtspanne het ontstaan uit ’n groeiende behoefte aan betroubare dienslewering – iets wat tans in baie dele van Suid-Afrika ontbreek.
Om hierdie werk volhoubaar en doeltreffend te doen, is praktiese vaardighede noodsaaklik. Daarom stel ons ’n beursfonds bekend met die doel om buurtspanlede in basiese bou- en messelvaardighede op te lei, sodat hulle selfstandig en met trots hul gemeenskappe kan dien waar die behoefte die nodigste is.
Waarom hierdie fonds belangrik is
Ons fokus is op die
- ontwikkeling van volkseie arbeid,
- bemagtiging van gemeenskapslede met praktiese, bruikbare vaardighede, en
- skep van ’n selfstandige en volhoubare diensvermoë binne buurtspanne.
Met die regte opleiding kan buurtspanlede vinniger reageer, probleme self oplos en ’n tasbare verskil in hul omgewings maak.
Opleidingsprogram: Basiese messelwerk
Die eerste kursus bestaan uit vier modules:
- Module 1: Messelaarhandlanger
- Module 2: Pleisterwerk
- Module 3: Baksteenlegging
- Module 4: Braai-, kaggel- en pizzaoondmesselary
Hierdie praktiese kursus rus buurtspanlede toe met vaardighede wat onmiddellik in hul gemeenskappe toegepas kan word.
Ons doelwit
Vir die eerste fases is ons mikpunt om R60 000 in te samel om soveel moontlik buurtspanlede die geleentheid te gee om hierdie opleiding te voltooi.
30000
Raak betrokke
Help ons om ’n verskil te maak.
Hierdie opleiding word deur Bo-Karoo Opleiding vanuit Orania aangebied.
Skenk vandag:
Bou saam aan ’n sterker toekoms



