AfriForum vergader met die VN.

Die tyd is nóú. Onderteken die VN-verklaring.

Die Wêreld moet weet 2025

AfriForum het weer ’n verslag opgestel wat bewys dat die menseregtesituasie in Suid-Afrika, veral met betrekking tot minderheidsregte, in 2025 steeds versleg. Hierdie verslag  ontbloot hoe die aantal asook die erns van die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminerende beleide toeneem; privaat eiendomsreg toenemend bedreig word; aanhitsing tot geweld en haat teen minderheidsgroepe deur prominente politici vererger; kritici van die regering onderwerp word aan intimidasie en polisie-ondersoeke; en minderheidserfenis en -onderwys geteiken, aangeval en gemarginaliseer word.

Wanneer ’n stem afwesig is, wie praat namens jou?

Suid-Afrika se oorgang na demokrasie in 1994 was gebou op die belofte van ’n meer gelyke en regverdige samelewing sonder rassediskriminasie, veral deur die regering.

Meer as drie dekades later glo AfriForum dat die regte en belange van minderheidsgemeenskappe toenemend bedreig word en dat growwe rassediskriminasie deur die ANC-geleide regering aan die toeneem is. Regeringsbeleid, politieke retoriek, wetgewing wat eiendoms-, kulturele en taalregte raak asook geweld wat gemeenskappe raak, het bygedra tot groeiende onsekerheid oor hul toekoms in Suid-Afrika.

Aan die kern van hierdie bekommernis lê ’n fundamentele beginsel: Afrikaners behoort die vryheid te hê om sinvol as Afrikaner te bestaan, vry, veilig en voorspoedig – in die land wat hulle hul tuiste noem, sonder om geteiken, teen gediskrimineer of as sondebok aangewys te word.

Hierdie beginsel behoort op alle gemeenskappe van toepassing te wees. AfriForum glo dat vryheid en ware nie-rassigheid die grondslag moet lê vir ’n toekoms waarin elke gemeenskap sy identiteit kan bewaar, betekenisvol aan die samelewing kan deelneem en floreer.

’n Stem buite Suid-Afrika se grense

Die wêreld moet weet is AfriForum se internasionale veldtog om te verseker dat kwessies wat veral minderheidsgemeenskappe raak, aandag buite Suid-Afrika se grense ontvang.

Die veldtog, wat in 2019 bekendgestel is, poog om

  • die internasionale gemeenskap in te lig oor kwessies wat minderheidsregte in Suid-Afrika raak.
  • beleidmakers, politieke leiers, die media en internasionale instellings te betrek.
  • Suid-Afrikaners en ander in die buiteland te mobiliseer om standpunt in te neem om dié bogenoemde regte te beskerm.

AfriForum verseker deur sy gedetailleerde en feitlike Die wêreld moet weet-verslae en -veldtogte dat die bedreigings vir grondwetlike regte en die regte van minderhede soos die Afrikaners in Suid-Afrika, sowel as diskriminasie en dreigemente van geweld teen hulle, nie plaaslike of in die buiteland ontken of oor gelieg kan word nie. Die wêreld moet weet.

Verslae

Die Wêreld moet weet 2025
Die Wêreld moet weet 2021
Die Wêreld moet weet 2020

AfriForum het weer ’n verslag opgestel wat bewys dat die menseregtesituasie in Suid-Afrika, veral met betrekking tot minderheidsregte, in 2025 steeds versleg. Hierdie verslag  ontbloot hoe die aantal asook die erns van die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminerende beleide toeneem; privaat eiendomsreg toenemend bedreig word; aanhitsing tot geweld en haat teen minderheidsgroepe deur prominente politici vererger; kritici van die regering onderwerp word aan intimidasie en polisie-ondersoeke; en minderheidserfenis en -onderwys geteiken, aangeval en gemarginaliseer word.

 Die wêreld moet weet-videoreeks

Mediakonferensie

Mediaverklarings

Resilient voices