#OnsSalSelf – Buurtspanne
Chrissiesmeer
Staatsverval in Suid-Afrika neem in só ’n mate toe dat gemeenskappe geen ander keuse het as om self die vermoë te skep om ’n beter toekoms te bou nie.
Die AfriForum-tak in Chrissiesmeer het ontstaan uit ’n opregte liefde vir ons juweel van ’n dorp en die behoefte aan betroubare dienslewering. Omdat munisipale dienste nie altyd voldoende is nie, fokus ons daarop om Chrissiesmeer mooi, skoon en netjies te hou en ’n sterk plaaslike selfdoenvermoë te bou.
Deur gemeenskapsprojekte soos ons dromprojek, die instandhouding van die begraafplaas, die sny van die dorp se gras en ons plaaslike buurtwag, maak ons ’n daadwerklike verskil.
Die 2026-statistiek toon die tak se impak in die gemeenskap sover:
Dra by tot ’n veiliger, skoner en beter versorgde Chrissiesmeer
Gras gesny: 11 ha (onder meer by die plaaslike begraafplaas)
Vullisverwydering: 619 sakke
Kontak ons
"*" indicates required fields



