HEARTWOOD HOMESTEAD (OOS-LONDEN)

AfriForum-lede kwalifiseer vir 15%-korting by Heartwood Homestead (’n selfsorgeenheid op ’n klein, selfversorgende familieplaas in Gonubie, net 15 minute van die strand). Die eenheid het een kamer asook ’n slaapbank en kan drie persone huisves. Die tariewe is per eenheid per nag. Skakel die besprekingskantoor by 083 275 9427 of stuur ’n e-pos na heartwood@gmail.com (weeksdae van 08:00 tot 17:00). Noem dat jy ’n lid van AfriForum is en voorsien jou identiteitsnommer. Die besprekingskantoor sal jou aktiewe lidmaatskap verifieer en dan die korting toestaan. Bepalings en voorwaardes geld. http://heartwoodhomestead.co.za/