Ons is Afrikaners
Onderwys- en leierskapprojekte
Teenboelie
AfriForum se teenboelieveldtogspan #VegEnBou sedert 2017.
Laai die Teenboeliegids hier af.
Ons veg deur afknouery in skole hok te slaan. 172 skole, 133 000 leerders, 6 000 onderwysers en 2 000 ouers reg oor die land is reeds oor afknouery toegespreek, asook die impak daarvan.
Ons bou deur hoop te skep en sowel skole as gemeenskappe met die nodige kennis en vaardighede toe te rus om afknouery hok te slaan.
Veilige skole sorg vir veilige gemeenskappe – nie net nou nie, maar ook in die toekoms.
AfriForum se teenboelieveldtog is vanjaar sewe jaar oud en ons wil elke skool, leerder, onderwyser en ouer bedank wat in hul onderskeie gemeenskappe as ambassadeurs optree om afknouery teen te staan.
Word deel van die oplossing, los voetspore en skep saam met AfriForum hoop deur proaktief op te tree. Saam kan ons sorg vir vry, veilige en voorspoedige skole en gemeenskappe. Stuur gerus ’n e-pos aan tania.scheepers@afriforum.co.za of leandie.brasler@afriforum.co.za as jou skool van dié aanbiedinge gebruik wil maak.
1. AfriForum se teenboeliegids:
Die AfriForum Teenboeliegids help kinders/leerders om die definisie en impak van boeliery/ afknouery te verstaan deur dit te vergelyk met ‘n lelike, omgekrapte boeliereus. Hierdie metafoor sal kinders help om bewus te raak van die rol wat hulle in afknouery speel: of hulle nou tipiese teikens is, die boelie self, of die omstanders – of selfs in al drie kategorieë val. Die rol van die omstanders kan veral as belangrik geag word. Hierdie gids is bedoel om kinders te help besef wat die krag van die omstanders is – om ‘n bondgenoot te word vir ander en om vir hulleself en vir ander op te staan. Die gids help hulle besef dat hulle beter empatie kan aanleer, hoe om meer betrokke te raak in goeie en vriendelike dade, en hoe hulle kan opstaan teen afknouery. Dit is belangrik om met hierdie bewusmaking reeds by kinders te begin, juis omdat hulle as agente van verandering kan optree om verder in die samelewing ‘n verskil te gaan maak.
As ‘n volwassene kan jy die inhoud van die gids met jou kind deel deur die gids met hulle te bespreek.
Mag ons kinders leer om hulle eie identiteit te koester en om ander mense met respek te hanteer. Ons kinders is die leiers van môre, hulle is ons land se toekoms. Jy as ouer of onderwyser maak ‘n reuse-impak in ons kinders se lewens: leer hulle om hulle liggies helder te laat skyn in die donker wêreld daar buite, sodat hulle ‘n verskil in ander kinders se lewens kan maak. Leer kinders om hulle maats op te bou in plaas van af te breek. Ons elkeen is uniek en uitgekies!
Laai die Teenboeliegids hier af.
2. Kuberboeliery-gids
Tegnologie ontwikkel daagliks. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie. Boeliery wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou uitgekring na boeliery deur tegnologie en sosiale media. Dit staan bekend as kuberboeliery. Kinders se behoefte om met hul maats te kommunikeer, is nog steeds dieselfde, maar die maniere hoe hulle kies om met mekaar te kommunikeer het geweldig verander. Daar is soveel voordele wat die internet en sosiale media vir ons inhou, maar daar is ook soveel nadele en gevare – veral as dit kom by ons kinders en hul veiligheid.
Die doel van hierdie gids is om ouers, onderwysers en leerders met die nodige kennis en vaardighede te bemagtig om kuberboeliery hok te slaan, asook om hulle meer bewus te maak van die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery (sexting) en kinderpornografie. Dié gids is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, die polisie se reeks- en elektroniese misdaadeenheid (SECI), die Universiteit van Johannesburg en Unisa saamgestel.
Laai die Kuberboeliery-gids hier af.
3. Hulpbrongids vir COVID-19-grendeltyd en ander krisistye-gids:
Die COVID-19-pandemie het Suid-Afrika net soos die res van die wêreld tot stilstand gebring. Dit het nie net ’n groot impak op volwassenes en kinders se fisiese gesondheid nie, maar kan ook ’n geweldige impak hê op ons emosionele welstand. In hierdie onsekere tyd probeer almal aanpas by die nuwe “normaal”.
AfriForum het besluit om hande te vat met Impact Therapy Centre deur die gids wat die sielkundige Ashleigh Yaman opgestel het te vertaal. Hierdie gids is belangrik omdat dit kinders en volwassenes (ouers en onderwysers) bemagtig met tegnieke om tye wat deur angs en gevoelens van oorweldiging gekenmerk word te hanteer. In hierdie tyd neem frustrasie toe en angsvlakke styg geweldig. Die feit dat daar nie met sekerheid bepaal kan word wanneer die virus en sy oorsake tot ’n einde gaan kom nie bring groot uitdagings vir almal se emosionele welvaart mee. Dit is dan juis goed dat daar ’n gids soos hierdie in plek is. Ons is daarom dankbaar dat ons op hierdie manier saam met Ashleigh Yaman en Impact Therapy Centre kan werk. Dankie! Selfs in die post-COVID-19-tydperk sal hierdie gids steeds bruikbaar wees wanneer volwassenes weer al die stukke moet optel. Hulle kan dalk oorweldig voel as hulle weer moet gaan werk, dalk weer nuwe werk moet soek. Skole, onderwysers en leerders sal moontlik by ’n aangepaste kurrikulum moet aanpas; die gewone roetine van die jaar kan moontlik ook verander en dan moet almal by ’n nuwe roetine aanpas.
Die tegnieke in hierdie gids is vir enige krisis bruikbaar, onder andere boeliegedrag by kinders, en die gids kan deur ouers, onderwysers en leerders gebruik word. Dit is veral vir AfriForum Junior Jeugleierskap belangrik om om te sien na ons land se kinders en hulle veiligheid – fisies sowel as emosioneel.
3. Hulpbrongids vir COVID-19-grendeltyd en ander krisistye-gids:
Ons is oortuig dat hierdie gids ’n verskil sal maak in baie lewens!
Laai die Hulpbrongids vir COVID-19-grendeltyd en ander krisistye gratis hier af.
Vir kinders, ouers en onderwysers
Vir ouers en onderwysers
Mini-dokumentêr:
Herman Odendaal
AfriForum se kort-dokumentêr oor die verhaal van die 12-jarige Herman Odendaal:
EPISODE 1:
Leandie Bräsler
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag
EPISODE 2:
Gerhard Nieuwoudt
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag
EPISODE 3:
Prof. Elmarie Kritzinger
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking
EPISODE 4:
Daniël Eloff
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag
EPISODE 5:
Ashleigh Yaman
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag
EPISODE 6:
Hui-Mari Meyer
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag
- Kuberafknouery-webinaar:
AfriForum se teenboelieveldtogspan bied ’n webinaar oor kuberafknouery aan by www.s-leer.co.za. Hierdie webinaar fokus op:
- Boeliegedrag, met spesifieke fokus op kuberafknouery en wat dit alles behels
- Kinders en die veilige gebruik van tegnologie, die internet en toepassings
- Die gevaartekens van moontlike selfdoodpogings
- Regsadvies: wat sê die wet oor boeliegedrag en kuberafknouery?
Sprekers:
- Leandie Bräsler (AfriForum se bestuurder vir Junior Jeugleierskap)
- Elmarie Kritzinger (Unisa)
- Gerhard Nieuwoudt (distrikskoördineerder by AfriForum)
- Daniël Eloff (prokureur by Hurter Spies Ingelyf)
Luister gratis na hierdie webinaar by: Kuberafknouery-webinaar: wat ouers en onderwysers alles moet weet oor kinders, boeliegedrag en die veilige gebruik van tegnologie
AfriForum en Solidariteit Helpende Hand vat hande met die veldtog #EkIsWondermeisie. Dit is waar AfriForum se teenboelieveldtog en Helpende Hand se FroueVonds en #HelpHetta-projek saamsmelt om ’n verskil te maak in behoeftige meisies se lewens. Vanjaar lê dié organisasies besoek af by skole in die Oos-Kaap.
AfriForum se teenboelieveldtog fokus op die bemagtiging van jongmense en om hulle toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om boeliegedrag hok te slaan. Soms vind innerlike boeliegedrag plaas, veral onder jong meisies.
Drieduisend skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ’n kwartaallikse basis. Hierdie Hetta-meisies ontvang ook opleiding in verskillende kwessies, soos verwerping, groepsdruk, selfverdediging en mishandeling. Verder word hulle emosioneel en geestelik ondersteun deur gereelde WhatsApp-boodskappe. Die inhoud word deur Helpende Hand se span maatskaplike werkers saamgestel. Besoek www.helphetta.co.za vir meer inligting.
In ’n gebroke en mededingende wêreld is dit juis nodig om meisies te bemagtig om uit te staan in hierdie wêreld deur hulle aan te spoor om net hulself te wees. Tydens die Help Hetta-toer word baie elemente van AfriForum se teenboelieveldtog gebruik, waar daar gesels gaan word oor die belangrikheid van selfwaarde en dat ons ons waarde nie in hierdie wêreld moet soek nie, maar dat ons klaar waardig is in God se oë. Meisies is geneig om hulself af te breek deur middel van vergelyking en die gebruik van sosiale media – dit knak baie keer hulle selfvertroue. Dit is belangrik dat meisies ook op so manier bemagtig word dat hulle moet besef dat hulle liggame ’n tempel van Jesus Christus is en dat hulle hul eie liggame moet respekteer en bewaar en dat hulle liggame ook deur ander gerespekteer moet word. #EkIsWondermeisie sal die meisies ook leer om hulle volle wapenrusting aan te trek.
Ontmoet die #EkIsWondermeisie-span
Benette Welman
Projekorganiseerder by Solidariteit Helpende Hand
Benette Welman
Projekorganiseerder by Solidariteit Helpende Hand
Rol by projek: As projekorganiseerder van die #HelpHetta-projek is dit haar voorreg om daagliks om te sien na die holistiese welstand van 3 000 skoolgaande meisies regoor Suid-Afrika. Ons verseker dat die meisies sanitêre ware ontvang, maar ons maak ook bemoeienis met elke ander faset van hul lewens, sodat hul toegerus is om die lewe met beide hande aan te gryp.
Leandie Bräsler
Bestuurder: Juniorjeugleierskap-ontwikkeling by AfriForum
Leandie Bräsler
Bestuurder: Juniorjeugleierskapontwikkeling by AfriForum
Rol by projek: Tydens die #HelpHetta-toer tree sy as motiveringspreker op met die doel om meisies te bemagtig met die #EkIsWondermeisie-praatjie wat ook deel vorm van AfriForum se teenboelieveldtog.
Bernadette Nel-Naude
Gemeenskapontwikkelingsbestuurder by Atlas Sekuriteit in Port Elizabeth
Bernadette Nel-Naude
Gemeenskapontwikkelingsbestuurder by Atlas Sekuriteit in Port Elizabeth
Bernadette is die gesig van die maatskappy Atlas Sekuriteit in die Port Elizabeth-gemeenskap en die gesig van die gemeenskap in die maatskappy. Sy spandeer haar dae in die gemeenskap om mense te leer en te bemagtig oor hoe om hulself te beveilig. Tydens haar beroep in die sekuriteitsveld het sy ondervind dat misdaad teen vrouens meer en meer word en dat dit ’n negatiewe impak het op die groei en ontwikkeling van jong meisies. Sy het toe besluit om alles moontlik te doen om te fokus om hierdie teikengroep te bemagtig en te beveilig deur by die skole, vroueverenigings, forums, ens. veiligheidstoesprake en selfverdedigingswerkswinkels aan te bied.
Tania Scheepers
Projekassistent: Onderwys by AfriForum
Tania Scheepers
Projekassistent: Onderwys by AfriForum
Rol by projek: Tania is ’n hardwerkende vrou wat tydens die #HelpHetta-toer alle nodige administratiewe reëlings tref van AfriForum se kant af. Sy maak ook seker dat daar foto’s en video’s tydens die toer geneem word vir AfriForum se sosialemediaplatforms, soos Facebook, Instagram en TikTok.