Genoeg is genoeg.

Jou stem maak saak.

AfriForum het reeds kommentaar opgestel wat jy kan indien. Vul die vorm hieronder in om jou formele kommentaar in te dien.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*
This field is hidden when viewing the form

Verdedig jou reg op veiligheid

Die regering se nuutste voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens is die mees drastiese en gevaarlikste aanval nog op jou reg om jouself en jou gesin te beskerm. As hierdie wysigings slaag, sal die staat die mag kry om arbitrêr te besluit wie veilig mag leef – en wie nie.

Hierdie is nie net ’n beleidsfout nie. Dit is nie net swak wetgewing nie.
Dit is ’n direkte bedreiging vir jou veiligheid.

Hierdie wetsontwerp is nie net onprakties nie – dit is gevaarlik, ongrondwetlik en gaan lewens kos as dit deurgevoer word.

Staan saam met AfriForum teen hierdie aanval op ons veiligheid.

Dien jou kommentaar nou in

Elke individuele bydra tel. Hoe meer weerstand die publiek bied, hoe moeiliker word dit vir die regering om hierdie wet deur te druk.

Wetgewing vir vuurwapens!

Die regering wil jou ontwapen.

Die nuwe wet op vuurwapenbeheer laat die regering besluit wie ‘n vuurwapen mag besit.

Veg saam met AfriForum teen hierdie wet.

Ons moet onsself beskerm!

Volgens ’n beoogde konsepwysigingswet sal geen persoon voortaan meer ’n vuurwapen mag koop/besit vir selfverdediging nie.

Burgers moet oor die vermoë beskik om hulself en hulle gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm. Hierdie konsepwysiging, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds ruiterlik erken het dat hulle nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te kan verskans nie.

Die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit. Verder blyk dit ook dat sportskuts en jagters aan die kortste ent gaan trek met die voorgestelde wysigings.

Veg saam met AfriForum teen hierdie wet.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*
This field is hidden when viewing the form

Wetgewing

Groot kommer oor voorgestelde wysigings van die Regulasies op die Private Sekuriteitsbedryf.

Op 28 Maart is konsepwysigings van die Regulasies op die Private Sekuriteitsbedryf in die Staatskoerant gepubliseer. Hierdie voorgestelde veranderinge hou ernstige risiko’s in vir die private sekuriteitsbedryf, wat sakeondernemings, werknemers, kliënte en algemene openbare veiligheid raak. Belanghebbendes het tot 25 April 2025om hulle besware in te dien.

Die voorgestelde wysigings van die Regulasies op die Private Sekuriteitsbedryf hou ’n direkte bedreiging in vir die veiligheid en sekuriteit van miljoene Suid-Afrikaners. Deur buitensporige beperkings op private sekuriteitsfirmas in te stel – wat hulle toegang tot vuurwapens beperk, hulle met onwerkbare regulasies belas en skuiwergate skep wat hulle sonder behoorlike regsproses kan laat sluit – sal hierdie veranderinge in werklikheid juis die mense ontwapen wie se werk dit is om huise, sakeondernemings en gemeenskappe te beskerm. Intussen sal gewelddadige misdadigers, sindikate en onwettige gewapende groepe ongehinderd voortgaan met hulle bedrywighede, aangemoedig deur ’n verswakte sekuriteitsektor. In plaas daarvan om misdaad te bekamp, sal hierdie wysigings wetsgehoorsame sekuriteitsbeamptes ontneem van die wapens wat hulle nodig het om lewens en eiendom te verdedig, wat gewone burgers kwesbaarder as ooit sal maak.

Onder die vernaamste kwessies tel die volgende:

Sleutelkwessies rakende die wysigings

  1. Bedreiging vir sakebedrywighede
    • Sekuriteitsfirmas kan belet word om vuurwapensaan hulle beamptes uit te reik as hulle bloot ondersoek word, selfs sonder formele aanklagte (regulasie 13A(1)(j) en (k)).
    • Dit skep ’n hoë potensiaal vir misbruik, wat dit moontlik sal maak dat sakeondernemings deur kwaadwillige eise lamgelê word, wat tot verlies van kontrakte en die sluiting van ondernemings kan lei.
  2. Beperkings op gewapende sekuriteit in openbare ruimtes
    • Sekuriteitsbeamptes sal verbied word om vuurwapensin openbare ruimtes te dra tensy streng voorwaardes nagekom word (regulasie 13A(1)(q)).
    • Dit kan verhoed dat gewapende reaksiespannekliëntein winkelsentrums, skole, kerke en huise beskerm.
  3. Onduidelike en onwerkbare ammunisieperke
    • Die wysigings beperk ammunisie tot ’n “redelike” hoeveelheid(regulasie 13A(1)(s)) – maar sonder om te definieer wat “redelik” is.
    • Verskillende sekuriteitstake vereis verskillende ammunisievlakke, wat nakoming van hierdie bepaling subjektief en onprakties maak.
  4. Streng beperkings op semi-outomatiese gewere
    • Sekuriteitsfirmas sal spesiale goedkeuring moet kry om semi-outomatiese gewere te gebruik, wat die doeltreffendheid van hoërisiko-sekuriteitspanne beperk (regulasie 13A(12) en (13)).
    • Mynsekuriteit, teenkapingseenhede en kontant-in-transito-spannesal ernstig geraak word.
  5. Onrealistiese vuurwapenopsporingsvereistes
    • ’n Mandaat om opsporingstoestelle op alle vuurwapens te installeer, is ingesluit (regulasie 13A(16)).
    • Private sekuriteitsmaatskappye is reeds onderhewig aan streng rekordhouding rakende die uitreiking van vuurwapens, asook die aanstelling van ’n spesifieke verantwoordelike persoon om rekord te hou van sulke aktiwiteite.
  6. Verbod op noodsaaklike minder dodelike toerusting
    • Sekuriteitsfirmas sal verbied word om rubberkoeëls, waterkanonne en skokgewere (tasers) te gebruik(regulasie 13B(17)).
    • Dit is kritieke instrumente vir skarebeheeren openbare veiligheid.
    • Die private sekuriteitsbedryf word reeds streng gereguleer. Hierdie wysigings voeg duur, vae en beperkende maatreëlsby wat ondernemings kan dwing om te sluit, waardeur miljoene mense sonder beskerming gelaat sal word. In plaas van oorregulering, moet die fokus wees op die toepassing van bestaande wetteom kriminele elemente uit te roei.