#OnsSalSelf
Plaaslikeregering
Plaaslikeregeringsake fokus op die plaaslike regeringsvlak – daardie vlak van regering wat naaste aan die mense gesetel is en landwyd uit 257 munisipaliteite bestaan. Die land is in nege provinsies verdeel en hierdie provinsies is op hul beurt in agt metro’s, 205 plaaslike en 44 distriksmunisipaliteite verdeel. Hierdie 257 munisipaliteite word dus onder die sambreel van plaaslike regering vervat.

Plaaslike regering verwys na munisipale strukture in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir basiese dienslewering soos water, elektrisiteit, sanitasie en infrastruktuur. AfriForum beklemtoon egter dat baie van hierdie instellings nie effektief funksioneer nie, wat lei tot swak dienslewering en die verval van gemeenskappe. AfriForum glo dat plaaslike gemeenskappe ’n meer aktiewe rol moet speel deur self projekte aan te pak, druk op owerhede toe te pas en groter selfstandigheid na te streef. In hierdie konteks word plaaslike regering dus nie net gesien as ’n formele regeringsvlak nie, maar ook as ’n ruimte waar burgers self verantwoordelikheid neem om hul omgewing te verbeter.
Jou sonpanele vs. Eskom
Eskom se jare van wanbestuur, korrupsie en ernstige tekort aan aanspreeklikheid, het uiteindelik gelei tot ’n ganse ineenstorting van Suid-Afrika se kragnetwerk.
Beurtkrag was vir jare lank deel van Suid-Afrikaners se daaglikse lewe. Hierdie beurtkrag het ongelukkig verskillende ondernemings, boerderye en nywerhede se bedrywighede gekniehalter en ernstige druk op almal geplaas.
Eie aan Suid-Afrikaners se geaardheid het ons nie in sak en as gaan sit nie, maar alternatiewe gesoek tot betroubare kragvoorsiening soos batterye, kragopwekkers maar in meeste gevalle – sonpanele.
Wat sê Eskom nou hieroor?
- Eskom het begin 2024 ’n veldtog begin waarin hulle al hul kliënte aanmaan om hul sonpanele te registreer.
- Kliënte moet hul stelsel deur ’n professionele ingenieur laat goedkeur (’n vereiste wat jou meer as R20 000 uit die sak kan jaag).
- Ná volgehoue druk van AfriForum, het Eskom hierdie vereiste egter verander dat ’n geakkrediteerde elektrisiën die stelsel kan afteken.
- Eskom hou vol dat registrasies verpligtend is.
Wat sê AfriForum:
- Eskom het nie die nodige beleide in plek om registrasies af te dwing nie.
- Alhoewel wetgewing toelaat dat Eskom registrasies mag vereis, moet Eskom eers behoorlike beleide in plek hê.
- Totdat Eskom nie die nodige beleide in plek het nie mag hul nie verbruikers dwing om te registreer nie.
- Daar is geen regsgrondslag vir Eskom om boetes uit te reik nie.
- Persone wat nie hul krag direk van Eskom kry nie moet geensins by Eskom registreer nie.
Wat doen AfriForum nou?
AfriForum hou vol dat Eskom nie behoorlike beleide in plek het om gebruikers te dwing om te registreer nie.
AfriForum het vroeër aan Eskom geskryf om te vra watter beleide hul het om die registrasie verpligtend te maak. Eskom kon nie hierdie inligting verskaf nie.
AfriForum sal aanhou met volgehoue druk op Eskom en Nersa om te verseker dat hulle nie van hul mag misbruik maak om persone te verplig om iets te doen waarvoor hulle nie behoorlike beleide in plek het.
Moet ek my sonpanele by Eskom registreer?
Mediaverklarings
12 Mei 2026
AfriForum het met regstappe begin teen die Merafong Plaaslike Munisipaliteit, Eskom en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) oor die…
30 April 2026
Die Hooggeregshof in Kaapstad het vandag in AfriForum se guns beslis en bepaal dat die Kaapstad-metro se implementering van sy…
23 April 2026
AfriForum het duidelikheid van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) versoek oor of die energiereguleerder die akkuraatheid van data wat…
23 Maart 2026
Klankgreep: Morné Mostert (Afrikaans) Klankgreep: Morné Mostert (Engels) AfriForum het pas ’n beslissende en finale oorwinning oor Eskom beklink wat…
13 Maart 2026
AfriForum het ’n aanmaningsbrief aan Eskom gestuur om te versoek dat die kragreus nie voortgaan daarmee om elektrisiteitsvoorsiening aan dorpe…
12 Maart 2026
Klankgreep: Dalena Beyers (Afrikaans) Klankgreep: Dalena Beyers (Engels) AfriForum eis in ’n brief wat vandag aan die Nasionale Energiereguleerder van…
5 Maart 2026
AfriForum het ’n aanmaningsbrief aan die Merafong Plaaslike Munisipaliteit gestuur waarin ’n verduideliking gevra word oor sommige van die vermeende…
20 Februarie 2026
AfriForum doen ’n beroep op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) om te hou by die nuwe vasgestelde tydlyne vir…
20 Februarie 2026
AfriForum verskyn vandag in die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein om sy vroeëre hofoorwinning teen Eskom te verdedig. Die…
13 Februarie 2026
AfriForum waarsku dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) se gesukkel om te hou by die tydlyne wat vir munisipale…
13 Februarie 2026
AfriForum het gister kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) ’n aansoek aan die Nasionale Energiereguleerder…
9 Februarie 2026
AfriForum is gereed om die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) se besluit om ’n bykomende tariefverhoging ten bedrae van meer…
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.



