#OnsSalSelf

Plaaslike regering

Plaaslike regering verwys na munisipale strukture in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir basiese dienslewering soos water, elektrisiteit, sanitasie en infrastruktuur. AfriForum beklemtoon egter dat baie van hierdie instellings nie effektief funksioneer nie, wat lei tot swak dienslewering en die verval van gemeenskappe. AfriForum glo dat plaaslike gemeenskappe ’n meer aktiewe rol moet speel deur self projekte aan te pak, druk op owerhede toe te pas en groter selfstandigheid na te streef. In hierdie konteks word plaaslike regering dus nie net gesien as ’n formele regeringsvlak nie, maar ook as ’n ruimte waar burgers self verantwoordelikheid neem om hul omgewing te verbeter.

Jou sonpanele vs. Eskom

Eskom se jare van wanbestuur, korrupsie en ernstige tekort aan aanspreeklikheid, het uiteindelik gelei tot ’n ganse ineenstorting van Suid-Afrika se kragnetwerk.

Beurtkrag was vir jare lank deel van Suid-Afrikaners se daaglikse lewe. Hierdie beurtkrag het ongelukkig verskillende ondernemings, boerderye en nywerhede se bedrywighede gekniehalter en ernstige druk op almal geplaas.

Eie aan Suid-Afrikaners se geaardheid het ons nie in sak en as gaan sit nie, maar alternatiewe gesoek tot betroubare kragvoorsiening soos batterye, kragopwekkers maar in meeste gevalle – sonpanele.

Wat sê Eskom nou hieroor?

  • Eskom het begin 2024 ’n veldtog begin waarin hulle al hul kliënte aanmaan om hul sonpanele te registreer.
  • Kliënte moet hul stelsel deur ’n professionele ingenieur laat goedkeur (’n vereiste wat jou meer as R20 000 uit die sak kan jaag).
  • Ná volgehoue druk van AfriForum, het Eskom hierdie vereiste egter verander dat ’n geakkrediteerde elektrisiën die stelsel kan afteken.
  • Eskom hou vol dat registrasies verpligtend is.

Wat sê AfriForum:

  • Eskom het nie die nodige beleide in plek om registrasies af te dwing nie.
  • Alhoewel wetgewing toelaat dat Eskom registrasies mag vereis, moet Eskom eers behoorlike beleide in plek hê.
  • Totdat Eskom nie die nodige beleide in plek het nie mag hul nie verbruikers dwing om te registreer nie.
  • Daar is geen regsgrondslag vir Eskom om boetes uit te reik nie.
  • Persone wat nie hul krag direk van Eskom kry nie moet geensins by Eskom registreer nie.

Wat doen AfriForum nou?

AfriForum hou vol dat Eskom nie behoorlike beleide in plek het om gebruikers te dwing om te registreer nie.

AfriForum het vroeër aan Eskom geskryf om te vra watter beleide hul het om die registrasie verpligtend te maak. Eskom kon nie hierdie inligting verskaf nie.

AfriForum sal aanhou met volgehoue druk op Eskom en Nersa om te verseker dat hulle nie van hul mag misbruik maak om persone te verplig om iets te doen waarvoor hulle nie behoorlike beleide in plek het.

Moet ek my sonpanele by Eskom registreer?

Daar is geen verpligting op jou om aan Eskom se nuutste registrasievereistes te voldoen nie. Elke munisipaliteit moet hul eie verordening in plek hê oor reëls wat registrasie van sonpanele betref. Kyk dus daarvoor uit.

Jy hoef dit nie by Eskom of die munisipaliteit te registreer nie. Eskom vereis wel dat jy ’n getekende verklaring indien wat staaf dat jy nie aan die Eskom-stelsel gekoppel is nie.

Jy is verplig om by Nersa te registreer, selfs al verskaf jy geen elektrisiteit aan die netwerk nie.

Eskom se nuutste kommunikasie bepaal dat hierdie verbruikers wel moet registreer. AfriForum meen egter dat Eskom die regulasies of beleide waarop hulle steun eers moet kan staaf voordat hulle verbruikers onder sulke verpligting kan plaas.

AfriForum meen dat Eskom die regulasies of beleide waarop hulle steun eers moet staaf voordat hulle verbruikers onder sulke verpligting kan plaas.

Mediaverklarings

30 September 2026

Elektrisiteitsprysbeleid: Gevolge nodig vir instellings wat beleide verontagsaam

AfriForum het kommentaar by die Departement van Elektrisiteit en Energie ingedien op die Hersiene Elektrisiteitsprysbeleid wat die regering se raamwerk…

Lees meer

7 September 2026

AfriForum sal Eskom-aansoek teenstaan wat verbruikers verder wil belas

AfriForum sal Eskom se aansoek om ’n gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van ongeveer 8,8% vir 2027/28 teenstaan ​​en formele kommentaar by die…

Lees meer

4 September 2026

AfriForum betwis onwettige heffing op huishoudings met sonpanele in Thaba Chweu

AfriForum eis dat die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) ’n verduideliking asook ’n regstelling…

Lees meer

27 Augustus 2026

Groter munisipaliteite kan nie swak bestuurspraktyke regstel nie – AfriForum

Die grootte van ’n munisipaliteit bepaal nie of inwoners betroubare dienslewering ontvang nie. Goeie bestuur, bevoegde amptenare, behoorlike finansiële beheer…

Lees meer

20 Augustus 2026

Nersa se KPI-plan futiel sonder afdwing van bestaande regulasies, waarsku AfriForum

’n Futiele plan. Dít is hoe AfriForum Vrydag die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se plan vir die implementering van…

Lees meer

18 Augustus 2026

Nuwe kragtariefbeleid niksseggend sonder behoorlike toepassing – AfriForum

Die bygewerkte kragtariefbeleid sal weinig meer werd wees as die papier waarop dit geskryf is indien die Nasionale Energiereguleerder van…

Lees meer

17 Augustus 2026

Nersa se sonkragplanne al te eenders aan Eskom se registrasiefoefie – AfriForum

Eskom se onsuksesvolle pogings om die registrasie van kleinskaalse sonkraginstallasies te laat afdwing, moes as waarskuwing gedien het teen die…

Lees meer

3 Augustus 2026

Nersa, laat staan ekstra reëls vir sukkelende munisipaliteite, dwing eerder bestaande magte af – AfriForum

AfriForum waarsku dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se pogings om die land se kragverspreidingskrisis in sukkelende munisipaliteite met…

Lees meer

30 Julie 2026

Bloem se erfenisskat vir eers veilig ná AfriForum verkoop keer

Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit mag nie voortgaan met die verkoop of langtermyn verhuring van 153 munisipale eiendomme nie, aldus ’n…

Lees meer

16 Julie 2026

R54 miljard wat kragverbruikers moet opdok, nie dringend vir hof – AfriForum

AfriForum se hofaansoek om die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) te dwing om redes te gee vir sy besluit om…

Lees meer

16 Julie 2026

Sonkragheffings word nuwe spaarbussie vir sukkelende munisipaliteite – AfriForum

AfriForum is toenemend bekommerd dat munisipaliteite wat finansieel in die knyp is hulle tot sonkraggebruikers wend as ’n nuwe bron…

Lees meer

9 Julie 2026

Secunda en omliggende gebiede kry dalk eersdaags nuwe kragverspreider

AfriForum verwelkom die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit se aankondiging dat hy ’n artikel 78-proses ingevolge die Wet op Plaaslike Regering:…

Lees meer

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*