Ledevoordele
AfriForum-lidmaatskap bied jou ook die volgende nuttige voordele:

Kommunikasiemiddele


Forum Tydskrif
Forum Tydskrif is propvol nuus oor die organisasie se burgerregteprojekte, -veldtogte en -aksies. Dis ’n ledetydskrif wat daarop gemik is om lede op verskillende terreine en oor allerlei gebeure ingelig te hou, maar ook te laat saampraat en saamdink.


AfriForum vir jóú! (Ledevoordele nuusbrief)
’n Elektroniese nuusbrief wat AfriForum-voordelegebeure dek. Dit word een keer per maand aan lede gestuur. Laat weet AfriForum dadelik by diens@afriforum.co.za of 086 10 200 30 wanneer jou e-posadres verander.


AfriForum-noodknoppie
Laai die AfriForum-noodknoppietoep op jou slimfoon af. Soek vir AfriForum-noodknoppie in die Google Play- (Android) en App Store- (Apple) toepwinkels.
Maak die toep oop en registreer.
Die toep beskik oor noodalarms wat AfriForum-lede gratis in ’n noodsituasie kan aktiveer, nl.:
- paniek
- medies
- brand
Vir die toep om effektief te funksioneer moet jy:
- data op jou slimfoon hê; en
- jou slimfoon se liggingsdienste aanskakel.
Indien jy uit data hardloop, kan jy in ’n noodsituasie die noodnommer skakel: 087 711 5911.
Toepondersteuning tydens kantoorure (Ma. – Do. 07:30 tot 16:00
en Vr. 07:30 – 14:30):diens@afriforum.co.za
Toepondersteuning na-ure en naweke: 086 10 200 30 druk 1
Ledevoordele promosies



