Onderwys en leierskapprojekte
Kultuursake is verantwoordelik vir nasionale strategieontwikkeling, projekte wat met internasionale skakeling verband hou, en terreine wat met taal en kultuur verband hou.
JOU EENSTOP-ONDERWYSINLIGTINGSBLAD
AfriForum is ten gunste van gehaltemoedertaalonderrig en fokus daarom veral op Afrikaanse skole. Ons beveg enige poging wat die etos en gehalte bedreig van onderrig wat by dié skole aangebied word.
Stuur gerus enige navraag oor onderwyssake aan onderwys@afriforum.co.za.
Kontak die volgende persone vir meer inligting:

Teenboelieveldtog
Leandie Bräsler
leandie.brasler@afriforum.co.za
Tania Scheepers
tania.scheepers@afriforum.co.za

Besigheidsbytjies
Entrepreneuskompetisies en -opleiding vir leerders
Leandie Bräsler
leandie.brasler@afriforum.co.za
Tania Scheepers
tania.scheepers@afriforum.co.za
Gereelde kwessies:
JEUGLEIERSKAPONTWIKKELING
Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop in skole te skep. Elke kind in ons land verdien die nodige leiding om hul leierseienskappe te ontwikkel. Ons kinders is immers die leiers van môre. Saam met Manie Botha van Evolve Life bied ons leierskapsontwikkelingsessies vir graad 6- en 7-leerders by skole aan.
Stuur gerus ’n epos aan tania.scheepers@afriforum.co.za of leandie.brasler@afriforum.co.za as jou skool van hierdie diens gebruik wil maak.
Kleuterskole
Pandemierisikobestuursgids – ’n Gids vir Vroeëkinderontwikkelingsentrums in Suid-Afrika
Webinaar: Risikobestuurs vir Kleuterskole
PROJEKTE
HULPBRONGIDS VIR COVID-19-GRENDELTYD EN ANDER KRISISTYE
Teenboelie
AfriForum se teenboelieveldtog skep sedert 2017 regoor die land bewustheid en bemagtig laerskoolleerders om teen boeliegedrag op te staan en sélf ’n verskil in hul skole te maak.
Laai die Teenboeliegids hier af.
AfriForum het in 2020 nog ’n been van die teenboelieveldtog bekendgestel. Dié been3 fokus meer op hoërskole en die tema van selfdood. Afkounery en selfdood loop in baie gevalle hand aan hand en dit is dus belangrik om bewustheid hieroor te skep. Stuur gerus ’n e-pos aan tania.scheepers@afriforum.co.za of leandie.brasler@afriforum.co.za as jou skool van dié aanbiedinge gebruik wil maak.