#OnsSalSelf
AfriForum-takke
Die hoofdoelstelling van ’n AfriForum-tak is om gemeenskappe te organiseer, asook om projekte en aksies in die volgende fokusareas uit te voer.

Wat doen ons takke?
Die hoofdoelstelling van ’n AfriForum-tak is om gemeenskappe te organiseer, asook om projekte en aksies in die volgende fokusareas uit te voer:
- Gemeenskapsveiligheid
- Plaaslikeregeringsake
- Gemeenskapsprojekte
- Omgewingsake
- Jeug
- Gesondheid
- Kultuur en toerisme
AfriForum-takbesture bestaan uit takbeamptes wat die doelwitte van elke fokusarea bevorder.
AfriForum-takke word deur AfriForum-lede gefinansier deur spesifiek skenkings aan hul plaaslike tak te maak. Sakeondernemings is ook welkom om ons takprojekte deur maandelikse skenkings te finansier om ’n beter en gesonder sakeomgewing in die betrokke dorp te verseker. Artikel 18A-sertifikate is op aanvraag beskikbaar.
Die kernfilosofie van AfriForum se strukture behels dat daar nie op die regering gewag word om gemeenskappe se probleme op te los nie, maar dat daar eerder ’n daadwerklike verskil deur selfdoenprojekte vermag word. Deur die krag van gemeenskappe saam te snoer, kan ons saam ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms skep.
Selfdoen is beter as niksdoen: Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke!
Taksuksesse
Mediaverklarings
9 November 2026
AfriForum se Edenvale-tak het op 24 Oktober , in samewerking met Essentially Edenvale, nóg ’n opruimingsaksie by die brug by…
6 November 2026
AfriForum se Lydenburg- en Machadodorp-takke het die afgelope week elk hul eie skoonmaakspan op die been gebring in ’n poging…
3 November 2026
Sowat R1,8 miljard – gelykstaande aan R1 miljoen per dag vir vyf jaar – word van Johannesburgse inwoners ingevorder deur…
30 Oktober 2026
AfriForum het vandag ’n formele aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) by die George Munisipaliteit…
30 Oktober 2026
Die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit versuim al nagenoeg twee weke om vullisverwyderingsdienste in onder meer Christiana te lewer omdat die vullisverwyderingsvragmotor…
29 Oktober 2026
AfriForum het vandag nóg ’n brief aan Johann Mettler, munisipale bestuurder van die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit, gestuur waarin die burgerregteorganisasie…
29 Oktober 2026
Eskom se aankondiging dat hy ’n wins van R30,3 miljard vir die 2025/2026-boekjaar aangeteken het, tesame met elektrisiteitspryse wat oor…
28 Oktober 2026
AfriForum se Vryburg-buurtspan het gedurende Oktober meer as 2,8 hektaar se gras by openbare spasies en private terreine gesny. As…
28 Oktober 2026
AfriForum se Overstrand-tak het vandeesmaand opnuut die belangrikheid van gemeenskapsveiligheid uitgelig met ’n gesprek, gelei deur onder andere ’n oudspeurder,…
27 Oktober 2026
AfriForum se hofsaak teen die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit se voortslepende gebrek aan vullisverwyderingsdienste in Bloemfontein het gister in die Hooggeregshof…
27 Oktober 2026
AfriForum hou vol dat die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit nie die vermoë het om die stad se waternetwerk doeltreffend te bestuur…
23 Oktober 2026
AfriForum sê daar word nou van inwoners verwag om die las van die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit se waterkrisis te dra,…
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.









