Dié film vorm deel van AfriForum se teenboelie-en-selfdoodbewusmakingsveldtog spesifiek gemik op hoërskoolleerders. Die film #SkepHoop in ’n wêreld waar skoolkinders onder boelies gebuk gaan. Daar is ’n uitweg! Besoek www.teenboelie.co.za vir meer inligting.

#DieValFilm is nou beskikbaar op AfriForumTV

Melissa Strauss

Ontmoet vir Melissa! Sy is saggeaard en ’n regte slimkop. Sy stoei daagliks met die kontrasterende struikelblokke binne die hoërskool-milieu. Haar stryd met boelies en akademiese prestasie, asook haar verliefdheid op Stefan laat haar daagliks voel asof sy besig is om te val. Sal sy staande bly?

Tracey Andrews

Tracey Andrews is ’n modieuse, energieke en parmantige jong meisie wat ’n gladde mond het. Sy is Melissa se beste vriendin, maar sal sy so vêr gaan om alles in haar vermoë te doen om die gewildste ou in die skool se hart te wen?

Stefan Uys

Stefan Uys (17) speel rugby vir die skool se eerste span. Hy is atleties, saggeaard en uit plek uit. Hy het ’n passie vir argitektuur en wil graag verder daarin studeer. Stefan en Melissa is al van jongs af vriende, maar groepsdruk het hulle van mekaar weggedryf. Hy sukkel om sy gevoelens vir Melissa te erken en vou effens onder groepsdruk. Stefan verwyt sy pa vir sy ouers se egskeiding en dat sy pa met ’n nuwe gesin begin het, selfs al probeer sy pa na hom uitreik.

Wian van Zyl

Wian van Zyl (18) is ’n lang seun met ’n sigaret agter sy oor. Hy speel ook rugby vir die skool se eerste span. Wian is afknouerig teenoor Melissa omdat hy in sy binneste diep ongelukkig is. Sy pa het ’n drankprobleem terwyl sy oom op die skool se beheerliggaam dien.

JP Moloi

JP Moloi (17) is ’n fris belhamel wat ook vir die skool se eerste span rugby speel en altyd op soek is na iets om te doen. Hy is deel van die vriendekring, maar verkies die agtergrond bo die kollig.

Alicia Keller

Alicia Keller (17) dra té kort skoolrokke en het lang hare. Sy is deel van die groep, altyd giggelend en lê by Wian aan. Sy is onseker van haarself en voel veilig in die groep aangesien sy altyd aandag kry

In samewerking met Finesse Voelgoed: #NetMATRIEKS-bootreis

Dié kompetisie is oop vanaf 10 tot 29 September 2022.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Geen direkteur, werknemer, agent, konsultant of direk verwante familielede van die laasgemelde persone van AfriForum of Finesse Voelgoed mag aan die kompetisie deelneem nie.
  2. Deelnemers moet oor Suid-Afrikaanse burgerskap beskik.
  3. Die trekking word op die volgende wyse hanteer: Die persoon wat aanlyn die korrekte antwoord vir die #NetMatrieks-bootreiskompetisie verskaf met sy/haar korrekte persoonlike inligting word as wenner aangewys. Indien daar meer as een persoon is wat die korrekte antwoord aan ons verskaf het, sal die eerste persoon  wat die korrekte antwoord in die aanlynkompetisie verskaf het (volgens die tyd en datum van die inskrywing) as wenner aangekondig word. Indien ons daardie persoon nie in die hande kry nie, sal die volgende persoon wat die korrekte antwoord verskaf het as wenner aangekondig word.
  4. Deelname moet teen nie later nie as 29 September 2022 deur middel van ons aanlyn kompetisie ingedien word. Geen skriftelike of laat deelname aan dié kompetisie word aanvaar nie.
  5. Die wenner sal op 30 September 2022 op al #DieValFilm se sosialemediablaaie (Facebook en Instagram) aangekondig word. Ons sal ook die wenner persoonlik kontak om sodoende hom/haar in kennis te stel.
  6. Die wenner het tussen 30 September 2022 en 10 Oktober 2022 tyd om die prys te aanvaar. As sodanige aanvaarding nie plaasvind binne die tydperk nie, moet ’n ander wenner lukraak aangewys word.
  7. Sodra jou deelname ingedien en ontvang is, aanvaar AfriForum dat jy as deelnemer en/of jou ouer(s) of voog(de) die bepalings en voorwaardes van die kompetisie aanvaar en as bindend beskou.
  8. ’n Verteenwoordiger van AfriForum sal met die wenner kontak maak.
  9. Die wenner moet die korrekte besonderhede aan die verteenwoordiger verskaf om sodoende die prys op te eis.
  10. AfriForum en Finesse Voelgoed sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige onakkurate inligting wat aan die verteenwoordiger deurgegee word deur die wenner nie.
  11. Die kajuit vir die NetMATRIEKS-bootreis is nie oordraagbaar nie en kan nie aan ’n derde party verkoop word nie. Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie en die prys moet aanvaar word soos geadverteer. Indien die prys nie op dié wyse aanvaar word nie, sal ’n ander wenner lukraak aangewys word en sal die oorspronklike wenner die prys verbeur.
  12. Deelnemers jonger as 18 jaar moet deur ’n meerderjarige persoon in die kajuit vergesel word tussen 5 en 9 Desember 2022. Die metgesel gaan op eie onkoste.
  13. Enige inligting wat met verloop van die kompetisie van enige deelnemer ingesamel word, sal ingevolge die bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 hanteer en verwerk word.
  14. Deelnemers en ander partye wat hul persoonlike inligting tydens die verloop van hierdie kompetisie beskikbaar stel, stem daartoe in dat dié persoonlike inligting vir bemarkings- en/of werwingsdoeleindes beskikbaar gestel mag word.
  15. AfriForum en Finesse Voelgoed sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige onakkurate of onvoltooide inligting wat deur die deelnemer deurgegee word as deel van die inskrywingsproses nie.
  16. AfriForum en Finesse Voelgoed sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlore, beskadigde en/of vertraagde inskrywings nie.
  17. AfriForum en Finesse Voelgoed se besluit rakende ’n wenner is finaal.
  18. AfriForum en Finesse Voelgoed sal nie verantwoordelik wees vir enige skade of verlies wat deelnemers mag opdoen as gevolg van deelname aan hierdie kompetisie nie. Nie AfriForum, Finesse Voelgoed, hul agente, geaffilieerde ondernemings, direkteure, beamptes, vrywilligers of enige persoon betrokke met die samestelling en reëling van die kompetisie sal verantwoordelik wees vir enige skade of verlies hetsy direk, indirek, gevolglik of andersins wat spruit uit enige oorsaak hoegenaamd wat deur die deelnemer gely word nie.
  19. Geen wysiging aan enige inligting wat op ’n deelname van die kompetisie ingedien is, word ná die sluitingsdatum toegelaat nie.
  20. Die kompetisie is slegs geldig tussen 10 en 29 September 2022 op www.dievalfilm.co.za
  21. Slegs een deelname per persoon is geldig, wat beteken dat geen persoon meer as een maal vir dieselfde kompetisie kan inskryf nie.

Solidariteit Helpende Hand se #HelpHetta-WhatsApp-uitsendingsgroep word as ’n tuiste gestig waar Helpende Hand se maatskaplike werkers ’n verskeidenheid temas bespreek, asook geestelike boodskappe op ’n weeklikse basis uitstuur. Meisies wat deel van die #HelpHetta-WhatsApp-uitsendingsgroep wil word, kan ’n WhatsApp na 076 530 9066 stuur.

SADAG
Skakel SADAG by 0800 567 567 vir ’n selfdoodnoodgeval.

Childline Suid-Afrika
Childline is ’n doeltreffende nie-winsgewende organisasie wat saamwerk om kinders teen alle vorme van geweld te beskerm en om ’n kultuur van kinderregte in Suid-Afrika te skep.
Skakel 116.

Fliek op die veld-byeenkoms by Hoërskool Zwartkop
#DieValFilm | Vrydag 9 September 2022 | Tyd: 18:00
Hoërskool Zwartkop (Mopanistraat, Hennopspark, Centurion)

Bring jou kampstoel of piekniekkombers en geniet ’n aand onder die sterre terwyl jy na
AfriForumTV se nuwe Afrikaanse fliek kyk wat hoop skep. Daar gaan lekker musiek wees
en ’n snoepie is beskikbaar. Heerlike pryse kan ook gewen word.

Toegang is gratis!

@afriforum
@dieval_film


#DieValFilm #teenboelieveldtog
#wêreldselfdoodbewusmakingsdag #SkepHoop