Geregtigheid, magsmisbruik en rassisme
Privaat vervolging
AfriForum het ’n privaatvervolgingseenheid gestig onder leiding van adv. Gerrie Nel. Hierdie eenheid het ten doel om vervolging in te stel wanneer die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sonder geldige redes versuim om persone (veral met politieke verbindings en hoë profiele) te vervolg.

Adv. Gerrie Nel het as staatsaanklaer bedank en vanaf 1 Februarie 2017 as hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangesluit. Suid-Afrikaanse wetgewing maak privaat vervolging moontlik in gevalle waar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit om iemand wat van ’n misdryf verdink word, nie te vervolg nie.
Is jy ’n slagoffer van rassisme of valse rassismeaantygings?
AfriForum se privaatvervolgingseenheid is besig om drie mense te help wat na bewering valslik deur ’n TikTok-gebruiker van rassisme beskuldig is. ’n Strafregtelike ondersoek staar nou dié TikTok-gebruiker in die gesig weens haar beweerde vals en skadelike aantygings van rassisme. Die eenheid is bereid om nóg mense te ondersteun wat ook valslik van rassisme beskuldig word.
Die eenheid het voorheen in die openbaar verklaar dat valse bewerings van rassisme net so ernstig as ware bewerings van rassisme behandel moet word. Valse rassisme verwoes lewens en dra dieselfde gevolge as ware gevalle. Die aantygings is pynlik en het ‘n gebrek aan respek wat ‘n persoon se waardigheid kan ondermyn.
Is jy ’n slagoffer van valse rassismeaantygings? Laat weet ons hier of ondersteun ons sake.
Maak asseblief seker jou saak voldoen aan die nodige riglyne voordat jy die saak by die eenheid aanmeld.
Riglyne vir die voer van sake oor valse rassisme
- Moenie huiwer om jou stem te laat hoor nie – iemand sal luister en jou help.
- Versamel en bewaar uitgebreide bewysstukke, insluitend video’s, foto’s en ander toepaslike dokumentasie.
- Stel onmiddellik regsprosedures by jou naaste polisiestasie in om jou reputasie en regte te beskerm.
- Moenie bang wees om as ’n slagoffer uitgemaak te word nie; dit is uiters belangrik om hieroor te praat.
- Erken dat aantygings van valse rassisme net so beduidend is as rassismebewerings.
- Weerhou jou daarvan om op sosiale media op dié valse aantygings te reageer. Moniteer en hou boek van beledigings wat uit dié valse aantygings voortvloei.
Mediaverklarings
20 Mei 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig die slagoffers in ses sake, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek word, waar verdagtes en…
21 April 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig ’n fluitjieblaser wat beweer dat Eskom miljoene rand per maand verloor ten spyte van ’n forensiese…
11 Maart 2026
Die sokkerster wat daarvan beskuldig word dat hy die motorongeluk veroorsaak het wat tot die dood van Gomolemo Mavimbela (9)…
6 Maart 2026
Ná byna vyf jaar van verhoor, gekenmerk deur verskeie vertragings, het AfriForum se privaatvervolgingseenheid die skuldigbevinding van Isaac Andile Memese…
27 Februarie 2026
Thabang Ndlovu het vandag vlugtig in die Orlando-landdroshof verskyn waar dit bevestig is dat hy nou teregstaan op ’n aanklag…
26 Februarie 2026
Klankgreep: Kallie Kriel (Afrikaans) Klankgreep: Kallie Kriel (Engels) Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag tydens sy getuienis voor…
29 Januarie 2026
’n Senior aanklaer het Dezireè du Plessis se familie meegedeel dat die staat oorweeg om die man wat haar in…
23 Januarie 2026
Gareth Webster, wat daarvan beskuldig word dat hy meer as drie jaar terug ’n ongeluk veroorsaak het wat Danielle van…
22 Januarie 2026
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) het erken dat hy nie die vermoë het om georganiseerde misdaad en gewelddadige misdadigers te hanteer…
17 Desember 2025
Die mishandelde en geviktimiseerde ma van ’n nie-verbale outistiese tiener het haar tot AfriForum se privaatvervolgingseenheid gewend om te verseker…
10 Desember 2025
Ná langer as drie jaar se gepleit by owerhede vir antwoorde, het die familie van Emmanuel Mbense (52), ’n pa…
9 Desember 2025
Die regering se toewyding om geslagsgebaseerde geweld hok te slaan is slegs lippediens wanneer ’n skynbaar eenvoudige taak, soos om…
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.



