Geregtigheid, magsmisbruik en rassisme
Privaat vervolging
AfriForum het ’n privaatvervolgingseenheid gestig onder leiding van adv. Gerrie Nel. Hierdie eenheid het ten doel om vervolging in te stel wanneer die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sonder geldige redes versuim om persone (veral met politieke verbindings en hoë profiele) te vervolg.

Adv. Gerrie Nel het as staatsaanklaer bedank en vanaf 1 Februarie 2017 as hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangesluit. Suid-Afrikaanse wetgewing maak privaat vervolging moontlik in gevalle waar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit om iemand wat van ’n misdryf verdink word, nie te vervolg nie.
Is jy ’n slagoffer van rassisme of valse rassismeaantygings?
AfriForum se privaatvervolgingseenheid is besig om drie mense te help wat na bewering valslik deur ’n TikTok-gebruiker van rassisme beskuldig is. ’n Strafregtelike ondersoek staar nou dié TikTok-gebruiker in die gesig weens haar beweerde vals en skadelike aantygings van rassisme. Die eenheid is bereid om nóg mense te ondersteun wat ook valslik van rassisme beskuldig word.
Die eenheid het voorheen in die openbaar verklaar dat valse bewerings van rassisme net so ernstig as ware bewerings van rassisme behandel moet word. Valse rassisme verwoes lewens en dra dieselfde gevolge as ware gevalle. Die aantygings is pynlik en het ‘n gebrek aan respek wat ‘n persoon se waardigheid kan ondermyn.
Is jy ’n slagoffer van valse rassismeaantygings? Laat weet ons hier of ondersteun ons sake.
Maak asseblief seker jou saak voldoen aan die nodige riglyne voordat jy die saak by die eenheid aanmeld.
Riglyne vir die voer van sake oor valse rassisme
- Moenie huiwer om jou stem te laat hoor nie – iemand sal luister en jou help.
- Versamel en bewaar uitgebreide bewysstukke, insluitend video’s, foto’s en ander toepaslike dokumentasie.
- Stel onmiddellik regsprosedures by jou naaste polisiestasie in om jou reputasie en regte te beskerm.
- Moenie bang wees om as ’n slagoffer uitgemaak te word nie; dit is uiters belangrik om hieroor te praat.
- Erken dat aantygings van valse rassisme net so beduidend is as rassismebewerings.
- Weerhou jou daarvan om op sosiale media op dié valse aantygings te reageer. Moniteer en hou boek van beledigings wat uit dié valse aantygings voortvloei.
Mediaverklarings
24 Oktober 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid bevestig dat dié eenheid korrespondensie van die Gautengse Adjunk Direkteur van Openbare Vervolgings, adv. Andrew Chauke, ontvang…
18 Oktober 2026
AfriForum het ’n amptelike versoek aan die Khampepe-kommissie van ondersoek gerig dat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid,…
16 Oktober 2026
Letitia van den Berg wat haarself as ’n maatskaplike werker wat spesialiseer in aannemings voorgehou het en só talle kinderlose…
15 Oktober 2026
Meer as ’n jaar nadat druk deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) genoop het om ’n ernstige saak…
14 Oktober 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag vir Emmah Mailula, ’n slagoffer van geslagsgebaseerde-geweld, ondersteun toe sy ’n klagte van dwarsboming van…
7 Oktober 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het reeds voor president Cyril Ramaphosa se groot geslagsgebaseerde geweld-oudit en herstelplan onthul hoe die Suid-Afrikaanse Polisiediens…
6 Oktober 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid en die familie van die negejarige Gomolemo Mavimbela, wat in ’n botsing dood is wat deur die…
21 September 2026
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sal nou ook strafregtelik vervolg word ná hy Jaco Pieterse, voormalige hoof van Bergview…
18 September 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het nóg ’n kostebevel verkry wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verplig om die koste te dek van…
2 September 2026
Meer as 13 jaar en vyf nasionale polisiekommissarisse later is die aanbevelings van CPN Forensic and Accounting Services se ondersoekverslag…
9 Augustus 2026
Julius Malema, leier van die EFF, sal strafregtelik vervolg word nadat hy ’n skoolhoof valslik van verkragting beskuldig het. AfriForum…
24 Julie 2026
AfriForum se privaatvervolgingseenheid meen dat dit blyk of die landdros in ’n kinderverkragtingsaak, ’n welstandseminaar as belangriker ag as die…
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.



