Ons is Afrikaners
Onderwys- en leierskapprojekte
![](https://demo.afriforum.co.za/wp-content/uploads/2024/05/Asset-5-775x1024.png)
Gidse en boeke
AfriForum se Onderwysgids
’n Samevatting van AfriForum se wye spektrum van dienste aan skole, wat jaarliks opgedateer word.
AfriForum se teenboeliegids
AfriForum se teenboelieveldtogspan #VegEnBou sedert 2017. Die AfriForum Teenboeliegids help kinders om die definisie en impak van boeliegedrag te verstaan, empatie te ontwikkel en op te staan teen afknouery. Volwassenes kan die inhoud van die gids met hulle kinders deel deur die gids met hulle te bespreek.
AfriForum se kuberboeliegids
Hierdie gids bemagtig ouers, onderwysers en leerders met die nodige kennis en vaardighede om kuberboeliery hok te slaan, asook om hulle meer bewus te maak van die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery (sexting) en kinderpornografie. Dié gids is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, die polisie se reeks- en elektroniese misdaadeenheid (SECI), die Universiteit van Johannesburg en Unisa saamgestel.
AfriForum se gids oor geweld, polisieklopjagte en deursoekings in skole
Weet wat jou kinders, hulle skole en die polisie se regte is wanneer dit by hierdie sensitiewe saak kom.
Hulpbrongids vir COVID-19-grendeltyd en ander krisistye:
Tydens die COVID-19-grendeltyd het AfriForum en Impact Therapy Centre hande gevat en hierdie gids wat die sielkundige Ashleigh Yaman opgestel het, te vertaal. Dit bemagtig ouers en kinders met tegnieke om tye wat deur angs en gevoelens van oorweldiging gekenmerk word, te hanteer. Selfs in die post-COVID-19-tydperk is hierdie gids steeds bruikbaar in krisistye.
![](https://demo.afriforum.co.za/wp-content/uploads/2024/07/COVID-19-GIDS_Ouers-onderwysers-en-kinders_Finaal_6-Mei-2020-1-1.png)
Meisie tot Mens