Waterkrisis portaal

Suid-Afrika se zerodag vir water kom vinnig nader!

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*

Suid-Afrika se waterkrisis: Die eksistensiële bedreiging wat beurtkrag sal oorskadu

Suid-Afrikastuur af op ’n waterkrisis wat binnekort die energiekrisis sal oorskadu. Riviere en damme, reeds onder druk as gevolg van natuurlike waterskaarste, word op ’n massiewe skaal besoedel deur gebrekkige rioolwatersuiweringstelsels. Terselfdertyd, staar miljoene gewone Suid-Afrikaners toenemende risiko’s in die gesig as gevolg van onveilige drinkwater, ineenstortende infrastruktuur, onbetroubare voorraad en stygende kostes.

Mislukkings wat oor die hele waterketting sigbaar is, van onveilige drinkwater tot herhaalde ontwrigtings en besoedelde riviere, is simptome van ’n diensleweringstelsel wat nie meer funksioneer nie. Hierdie mislukkings dui op ’n diepgaande bestuurskrisis wat gewortel is in die gebrek aan infrastruktuurbeplanning, instandhouding, toesig en aanspreeklikheid.

Die regerings is nie in staat om die stelsel te stabiliseer nie. In plaas daarvan om algemene herstelwerk te doen, wend hulle hul tot meer wetgewing, soos die Wysigingswetsontwerp op Waterdienste, wat nie die kern- operasionele mislukkings binne die munisipaliteit aanspreek nie

Die finansiële ketting wat waterdienste onderlê, het ook in duie gestort. Baie munisipaliteite kan nie behoorlike rekeninge aan verbruikers stuur nie, waterrade word miljarde rand geskuld en byna die helfte van alle behandelde drinkwater, wat inkomste behoort te genereer, word vermors deur lekkasie en onwettige verbindings.

Hierdie toestande skep ruimte vir kriminele netwerke, dikwels na verwys as watermafia, om die tekorte uit te buit en munt te slaan daaruit.

AfriForum weier om terug te staan terwyl hierdie situasie vererger. Deur onafhanklike monitering, gemeenskapsgedrewe oplossings en praktiese intervensies, bemagtig AfriForum Suid-Afrikaners om hulsel en hul watertoekoms te beskerm. Hierdie portaal bring die gereedskap, verslae en inligting wat jy nodig het saam om die krisis te verstaan en aksie te neem waar die regering faal.

Nuus