#OnsSalSelf

OMGEWINGSAKE

Die organisasie moedig gemeenskappe aan om self betrokke te raak deur projekte soos skoonmaakaksies, monitering van waterbronne en regsoptrede teen besoedelaars. In hierdie konteks word omgewingsake dus gesien as ’n gedeelde verantwoordelikheid waar burgers ’n aktiewe rol speel om ’n gesonde en volhoubare leefomgewing te verseker.

Hidrobreking

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het nuwe regulasies gepubliseer wat die weg baan vir hidrobreking in Suid-Afrika. Hierdie regulasies is tans oop vir openbare kommentaar – en ons het jou stem nodig.

Hidrobreking (Engels: fracking) is ’n metode om aardgas te ontgin. Dit behels chemiese vloeistowwe wat teen geweldige hoë druk honderde meters diep ondergronds ingepers word om skalierotslae te breek. Só word die metaangas wat in die rots vasgekeer is, vrygestel en onttrek.

AfriForum glo op grond van wetenskaplike navorsing dat hidrobreking ’n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se reeds skaars waterbronne inhou. Dit kan lei tot sowel die oorbenutting as besoedeling van water – ’n hulpbron wat onontbeerlik is vir mense, landbou en die omgewing.

Die besluite wat tans geneem word, bepaal of ons ons waterbronne vir toekomstige geslagte beskerm of onherstelbaar vernietig.

Voeg voor 13 Februarie 2026 jou naam by AfriForum se kommentaar en help ons om hierdie gevaarlike regulasies in hul spore te stop en te keer dat dit in werking tree.

Video’s

Dreigende waterkrisis

Suid-Afrika staar ’n waterkrisis in die gesig wat vererger word deur die feit dat dié waterskaarsland gereeld moet meeding met die besoedeling van natuurlike waterbronne. Intussen word burgers se watersekerheid bedreig deur die voorkoms van onveilige drinkwater en gereelde onderbrekings in watertoevoer, terwyl sommige burgers nie eens toegang tot skoon drinkwater het nie. AfriForum gaan egter nie terugstaan en toekyk hoe dié situasie op ’n ramp afstuur nie.

AfriForum het eerder met werklike, implementeerbare oplossings vorendag gekom om ’n landwye “Dag Zero” en ander dreigende uitdagings met die verskaffing van skoon drinkwater in Suid-Afrika, vry te spring.

28/10/2024
Rapporteer waterlekke in Gauteng – help ons om ons water te bespaar

14/10/2024
Dag Zero is oor vyf jaar hier: Waterkrisis!

03/10/2024
Tshwane Metro wil inwoners en besighede die skuld gee vir die hoë water gebruik

Dokumentêr

Kyk hiér na AfriForum se dokumentêr, Runninng dry – a nation on the brink, wat handel oor die huidige stand van sake:

Waterberaad

Waterberaad: Selfdoen is die oplossing vir SA se dreigende waterkrisis

’n Volslae waterkrisis in Suid-Afrika, wat al die afgelope paar jaar in wording is, skets ’n onheilspellende prentjie oor hoe die toekoms vir dié waterskaarsland en sy inwoners gaan lyk. Min tot geen toegang tot skoon drinkwater beteken dat gesondheidsorg nóg vinniger agteruit sal gaan. Waterdraende siektes sal hoogty vier en die bestaande sosio-ekonomiese ongelykhede in dorpe en stede gaan vererger. Dít kan Suid-Afrika se realiteit word indien daar nie dringend en beslissend opgetree word om te verhoed dat só ’n scenario werklikheid word nie. AfriForum het tydens sy 2024-waterberaad verduidelik presies hoe hy beplan om watersekerheid oor die land heen te verseker.

Selfdoen. Dít is in kort wat die burgerregteorganisasie se nasionale waterstrategie voorstel om die sistemiese mislukkings en agteruitgaan van waterverskaffing op plaaslike regeringsvlak reg te stel, en terselfdertyd broodnodige verligting te bied aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van die dreigende waterkrisis. Die strategie fokus op praktiese oplossings om die druk op die waterstelsel te verlig en om gemeenskappe meer selfstandig te maak in die hantering van die waterkrisis.

AfriForum het reeds twee loodsprojekte van stapel gestuur om private modulêre water- en rioolsuiweringswerke te bou om twee gemeenskappe van hul onderskeie munisipaliteite onafhanklik te maak. Dit verg nie net minder mannekrag om dié soort water- en rioolsuiweringswerke te bedryf nie, maar kan ook ’n doeltreffende wateroplossing vir gemeenskappe wees. AfriForum het ook proaktief opgetree deur noodwaterpunte regoor Suid-Afrika op te rig. Dié noodwaterpunte staan reeds op 90 en is vir enigiemand toeganklik.

Hiermee saam beywer AfriForum om die kennistekorte in die bestuur van water- en rioolsuiweringsaanlegte te vul deur kundiges op te lei wat die nodige vaardighede het om dié aanlegte reg te bedryf. Die burgerregteorganisasie het ’n geakkrediteerde opleidingskursus in samewerking met Water Group, Pionier Dienstemaatskappy en die Water Institute of Southern Africa (WISA) ontwikkel. AfriForum het reeds 15 mense in dié kursus opgelei en beplan om vanjaar nóg 15 mense die geleentheid te gee om die opleiding te voltooi. Dié individue is teen die einde van die opleiding ten volle in staat om aanlegte te bedryf. Die volgende stap is egter om hande te vat met munisipaliteite sodat leemtes in openbare water- en rioolsuiweringswerke die hoof gebied kan word.

Vooraanstaande kenners in waterbestuur en staatsamptenare van die Departement van Water en Sanitasie het ook tydens die beraad die land se waterkrisis ontleed en op die lesse gewys wat Kaapstad geleer het ná sy sogenaamde “Dag Zero”. Daar is ook aandag gegee aan die wetlike raamwerk vir waterverskaffing en die ruimte vir gemeenskapsbetrokkenheid hierby. Uit die beraad het dit duidelik geword dat samewerking tussen die openbare en private sektor al manier is hoe daar verseker kan word dat alle Suid-Afrikaners nou en in die toekoms toegang tot skoon water het.

“Die beraad is daarop gemik om burgers bewus te maak van die krisis wat ons in die gesig staar, en kenners te mobiliseer om daadwerklik dié krisis te keer,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake. “Ons wil saam met die regering werk om oplossings te bied vir hierdie krisis en is bereid om als in die stryd te werp om hierdie planne te laat slaag.”

Donasies

Is jy ’n waterspesialis?

AfriForum versoek organisasies en spesialiste om op die waterkrisisportaal te registreer aangesien ons nog geen taal of tyding van die adjunkpresident ontvang het nie.

AfriForum doen ’n beroep op organisasies, ingenieurs, spesialiste en belanghebbendes betrokke by waterbestuur om op ons waterkrisisportaal te registreer. Hierdie inisiatief beoog om sy lys van meer as 600 spesialiste, ingenieurs en maatskappy by te werk om ’n omvattende lys van beskikbare kundigheid en hulpbronne saam te stel wat die dringende wateruitdagings aan te spreek wat Suid-Afrika in die gesig staar.

Omgewingsake mediaverklarings

10 Julie 2026

AfriForum verwelkom bek-en-klouseer-skikking

AfriForum verwelkom die skikkingsooreenkoms wat tussen die departement van Landbou en landbou-organisasies aangegaan is en die weg baan vir die…

Lees meer

8 Julie 2026

Waterwet-hersiening: Parlement belemmer betekenisvolle openbare deelname

AfriForum waarsku dat die parlement se weiering om die openbare deelnametydperk vir die Nasionale Waterwysigingswetsontwerp van 2026 te verleng, die…

Lees meer

8 Julie 2026

AfriForum eis ondersoek om Kariega teen moontlike besoedeling te beskerm

Die vermeende ongereguleerde berging van groot hoeveelhede erts in die omgewing van Kariega (Uitenhage) het AfriForum genoop om in te…

Lees meer

1 Julie 2026

AfriForum gaan voort met proses om Johannesburg-metro se omstrede waterheffing te betwis

Hoewel die verhoging van 65,6% in die Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit se omstrede wateraanvraagbestuursheffing van vandag af geld, is AfriForum steeds…

Lees meer

26 Junie 2026

AfriForum doen beroep op publiek om kommentaar lewer op Nasionale Waterwysigingswetsontwerp se verreikende gevolge

AfriForum doen ’n beroep op boere, watergebruikers, besighede, burgerlike  organisasies en ander belanghebbendes om kommentaar in te dien op die…

Lees meer

22 Junie 2026

AfriForum se hofaansoek oor Jhb-waterheffing môre aangehoor

AfriForum se dringende hofaansoek om die Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit se omstrede verhoging van 65,6% in die wateraanvraagbestuursheffing te hersien en…

Lees meer

17 Junie 2026

AfriForum verwelkom Steenhuisen-skuif

AfriForum verwelkom die besluit om John Steenhuisen se termyn as minister van Landbou kort te knip. Die burgerregteorganisasie is optimisties…

Lees meer

12 Junie 2026

AfriForum nader hof om Johannesburg-metro se onregmatige waterheffing te stuit

Die Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit se voortgesette weiering om sy omstrede verhoging van 65,6% in sy wateraanvraagbestuursheffing (water demand management levy)…

Lees meer

10 Junie 2026

Boere se hulpkrete oor bek-en-klouseer kan nie afgemaak word – AfriForum

’n Uitgelekte e-pos waarin ’n noodroep oor die bek-en-klouseerkrisis glo deur die stafhoof van die minister van Landbou as ’n…

Lees meer

9 Junie 2026

Vertraging in die wateraksieplan beklemtoon werklike krisis: regering se gebrek aan optrede

Ten spyte van aanduidings dat die presidensie se nasionale wateraksieplan gefinaliseer is, is die plan steeds nie aan die publiek…

Lees meer

3 Junie 2026

Watertariewe: Jhb-metro aanvaar 65,6%-verhoging sonder bekendmaking van belangrike inligting

Ten spyte van AfriForum se herhaalde versoeke om inligting wat moet verduidelik hoe ’n 65,6%-verhoging in Johannesburg se wateraanvraagbestuursheffing bereken…

Lees meer

27 Mei 2026

Hersiening van damregulasies bevestig ernstige tekortkominge – AfriForum

Die Departement van Water en Sanitasie se aankondiging dat sy voorgestelde regulasies oor die bestuur en beheer van staatsdamme aansienlike…

Lees meer

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*