Ledevoordele

Produkte

JOB 309 VS AfriForum Webwerf Banner v3
Virseker
0861 11 28 70

Virseker

Virseker bied korttermynversekeringsprodukte,-dienste en polisse in Afrikaans aan Suid-Afrikaners wat daarvan hou om hul sake in hul moedertaal te doen. Deur die Virseker Trust word ’n gedeelte van Virseker se sukses aangewend om inisiatiewe te ondersteun wat Afrikaanse kultuur en onderwys bevorder en onderhou.

Skakel ons by 0861 11 28 70 of e-pos kommunikasie@virseker.co.za vir polisdienste, eise, navrae en kwotasies.

Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ’n gelisensieerde nielewensversekeraar en finansiële diensverskaffer. Bepalings en voorwaardes is beskikbaar by www.virseker.co.za.

EPG GAS
EPG Gas distributors
012 324 3294

EPG Gas distributors

AfriForum-lede kwalifiseer vir 17%-korting op 9 kg, 19 kg en 48 kg VPG-silinderhervullings by EPG Gas Distributors. Hierdie korting is beskikbaar vir lede wat in die groter Pretoria-area woonagtig is.

AfriForum-lede se registrasieblad: https://www.epggas.co.za/register-afriforum

Gebruik jou identiteits- of paspoortnommer:

  • met registrasie, of
  • tydens die opdatering van jou bestaande profiel

om te kwalifiseer vir die 17%-korting én om die AfriForum-kortingsprys van die produkte te sien.


Vanweë die afleweringsgebied, geld die voordeel slegs vir AfriForum-lede wat in die groter Pretoria-area woonagtig is. Aflewerings geskied gratis van Maandag tot Vrydag vir alle bestellings wat teen 10:00 op die dag geplaas én betaal is. EPG Gas Distributors lewer wettig gevulde en veilige LPGSA-goedgekeurde VPG-silinders en dienste aan die publiek, restaurante en klein ondernemings, asook industrieë.

EPG is geregistreer by The Safe LP Gas Distributors Network of South Africa.

VPG-pryse word gereguleer en verander van maand tot maand.

Kontak EPG Gas Distributors (Maandag tot Vrydag 08:00–16:30)
Kontaknommer: 012 324 3294
WhatsApp: 071 672 2914
Webtuiste: www.epggas.co.za

(Bepalings en voorwaardes geld.)

C-track–Blokkies
CTRACK (NASIONALE OPSPORINGSTELSEL EN GESTEELDEVOERTUIGREAKSIE)

CTRACK (NASIONALE OPSPORINGSTELSEL EN GESTEELDEVOERTUIGREAKSIE)

Spesiale tariewe vir lede op twee Ctrack-produkte.

Standaardopsie: Secure

  • Nasionale gesteeldevoertuigreaksie
  • Mobiele toepassing
  • Afstandbeheer paniekknoppie (opsionele ekstra)  

Beperkte opsie: CMe Backup Recovery

  • Slegs nasionale gesteeldevoertuigreaksie

Beide produkte sluit in:

  • 36-maandedekking vir vervaardigingsdefekte
  • Installasie gedurende normale werksure
  • GSM – ingesluit 2MB GPRS-data
  • 36-maandekontrak met 10% jaarlikse eskalasie
    (Bepalings en voorwaardes geld.)

Kontak afriforum@ctrack.com of 012 450 2295. www.ctrack.com

Ledevoordele promosies

No posts