#OnsSalSelf

OMGEWINGSAKE

Die organisasie moedig gemeenskappe aan om self betrokke te raak deur projekte soos skoonmaakaksies, monitering van waterbronne en regsoptrede teen besoedelaars. In hierdie konteks word omgewingsake dus gesien as ’n gedeelde verantwoordelikheid waar burgers ’n aktiewe rol speel om ’n gesonde en volhoubare leefomgewing te verseker.

Waterkrisis portaal

Suid-Afrika se zerodag vir water kom vinnig nader!

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*

Suid-Afrika se waterkrisis: Die eksistensiële bedreiging wat beurtkrag sal oorskadu

Suid-Afrikastuur af op ’n waterkrisis wat binnekort die energiekrisis sal oorskadu. Riviere en damme, reeds onder druk as gevolg van natuurlike waterskaarste, word op ’n massiewe skaal besoedel deur gebrekkige rioolwatersuiweringstelsels. Terselfdertyd, staar miljoene gewone Suid-Afrikaners toenemende risiko’s in die gesig as gevolg van onveilige drinkwater, ineenstortende infrastruktuur, onbetroubare voorraad en stygende kostes.

Mislukkings wat oor die hele waterketting sigbaar is, van onveilige drinkwater tot herhaalde ontwrigtings en besoedelde riviere, is simptome van ’n diensleweringstelsel wat nie meer funksioneer nie. Hierdie mislukkings dui op ’n diepgaande bestuurskrisis wat gewortel is in die gebrek aan infrastruktuurbeplanning, instandhouding, toesig en aanspreeklikheid.

Die regerings is nie in staat om die stelsel te stabiliseer nie. In plaas daarvan om algemene herstelwerk te doen, wend hulle hul tot meer wetgewing, soos die Wysigingswetsontwerp op Waterdienste, wat nie die kern- operasionele mislukkings binne die munisipaliteit aanspreek nie

Die finansiële ketting wat waterdienste onderlê, het ook in duie gestort. Baie munisipaliteite kan nie behoorlike rekeninge aan verbruikers stuur nie, waterrade word miljarde rand geskuld en byna die helfte van alle behandelde drinkwater, wat inkomste behoort te genereer, word vermors deur lekkasie en onwettige verbindings.

Hierdie toestande skep ruimte vir kriminele netwerke, dikwels na verwys as watermafia, om die tekorte uit te buit en munt te slaan daaruit.

AfriForum weier om terug te staan terwyl hierdie situasie vererger. Deur onafhanklike monitering, gemeenskapsgedrewe oplossings en praktiese intervensies, bemagtig AfriForum Suid-Afrikaners om hulsel en hul watertoekoms te beskerm. Hierdie portaal bring die gereedskap, verslae en inligting wat jy nodig het saam om die krisis te verstaan en aksie te neem waar die regering faal.

Nuus

Omgewingsake mediaverklarings

21 April 2026
“Verduidelikings” oor toegangsregulasies vir damme laat meer vrae as antwoorde

Die Departement van Water en Sanitasie se onlangse poging om sy voorgestelde regulasies oor die bestuur en beheer van staatsdamme…

13 April 2026
Nuwe regulasies bedreig eiendomsreg en openbare toegang tot damme – AfriForum

Die departement van Water en Sanitasie se voorgestelde regulasies oor die bestuur en beheer van staatsdamme is ’n ongeregverdigde en…

31 March 2026
Voortgesette agteruitgang van waterstelsels wys op regering se gebrek aan optrede – AfriForum

Suid-Afrika se waterstelsels oor die hele watervoorsieningsketting verswak al hoe meer. Dít is AfriForum se gevolgtrekking gebaseer op ’n ontleding…

31 March 2026
Deursigtigheid geëis oor Rand Water se R800 miljoen Zanzibar-belegging terwyl watervoorsiening in Gauteng onder druk is

AfriForum het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) by Rand Water ingedien,…

25 March 2026
SANRAL-beleid wek kommer oor uitbreiding van staatsbeheer oor grondgebruik langs nasionale paaie

AfriForum waarsku dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) se konsepwysigings aan sy Rus- en Diensfasiliteite- (RDS-)beleid dié agentskap se magte…

23 March 2026
Mynaansoek langs Krugerwildtuin hou gevare in vir watersekerheid, landbou en vele meer, sê AfriForum

AfriForum is weereens ten sterkste gekant teen Tenbosch Mining se jongste aansoek om ’n steelkoolmyn digby die Krugerwildtuin op te…

16 March 2026
Krugerwildtuin-mynsage duur voort: Eerste openbare vergadering gehou vir “nuwe” aansoek met dieselfde rolspelers

Klankgreep: Lambert de Klerk (Afrikaans) Klankgreep: Lambert de Klerk (Engels) Die volgende hoofstuk in die uitgerekte Krugerwildtuin-mynsage is Vrydag voortgesit…

12 March 2026
Uurglas vir twee Johannesburg-vullisterreine nou leeg – AfriForum het daaroor gewaarsku

’n Week nadat AfriForum sy dokumentêr Gauteng’s landfill time bomb vrygestel het, het die dreigende krisis waaroor die organisasie gewaarsku…

11 March 2026
Maak die deur nóú oop vir privaat sektor om munisipaliteite se water reg te ruk, eis AfriForum

AfriForum het vandag ’n beroep op minister Pemmy Majodina, minister van Water en Sanitasie, gedoen om die privaat sektor die…

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*