Veiligheid

Gemeenskapsveiligheid

Noodnommer: 063 639 7170

Oor ons

Met die verval van basiese dienslewering in Suid-Afrika het AfriForum begin kyk na praktiese oplossings vir die probleme. Een van die grootste uitdagings wat landsburgers in die gesig staar, is die onaanvaarbaar hoë misdaadsyfer en die Suid-Afrikaanse polisiediens se groeiende onvermoë om sy basiese take uit te voer. Alhoewel die hoofoorsaak hiervan by swak politieke leierskap en besluite lê, is daar praktiese stappe wat gemeenskappe kan doen om misdaad te help bekamp, soos om ’n buurtwag te stig en aktief aan hierdie veiligheidstruktuur deel te neem.

AfriForum het in 2012 sy eerste buurtwag gestig en het die struktuur intussen uitgebrei na 177 landswyd. Die buurtwagte het/besit kommunikasienetwerke, reaksievermoë, toegang tot ’n inligtingstelsel, hommeltuie, opleiding en ondersteuning vanaf AfriForum-hoofkantoor.

Samewerking met die SAPD en ander wetstoepassingsowerhede is van kardinale belang omdat buurtwaglede se magte tog beperk is tot dié van vrywilligers. Daarom streef AfriForum daarna om goeie verhoudings te kweek met die SAPD op grondvlak en hoër. Hierdie doelwit keer egter nie die organisasie om korrupsie, wanbestuur en politieke inmenging in die polisiediens aan die groot klok te hang en te beveg nie.

Hierdie samewerking het al tot groot suksesse gelei en AfriForum word gereeld deur wetstoepassers genader om bystand te lewer tydens operasies.

Tog funksioneer AfriForum se buurtwagte onafhanklik en maak staat op regte wat deur Suid-Afrikaanse wetgewing aan burgers verseker word, om buurtwagaktiwiteite veilig, doeltreffend en binne die raamwerk van die wet uit te voer.

AfriForum se Afdeling: Gemeenskapsveiligheid dryf ook veldtogte om bewusmaking oor veiligheid te bevorder en die regering aan te pak indien nodig.

Die span

  • Raymond Hohls
    Operasionele bestuurder
  • Jacques Broodryk
    Hoofwoordvoerder
  • Llewellynn Hemmens
    Veiligheidshoof: Noordstreek (Mpumalanga, Gauteng, Limpopo)
  • Joseph Renaud
    Veiligheidshoof: Sentraalstreek (Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal)
  • David Olivier
    Veiligheidshoof: Suidstreek (Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap)

Mediaverklarings

16/04/2026
Malema-vonnis bevestig dat politici nie bo wet verhewe is nie – AfriForum

Ondanks Julius Malema, leier van die EFF, en sy regspan se pogings om versagtende omstandighede in die Oos-Londense Landdroshof te…

14/04/2026
Vonnisoplegging in Malema-vuurwapensaak begin môre

Die vonnisoplegging van Julius Malema, leier van die EFF, begin môre (15 April) in die Landdroshof in Oos-Londen en sal…

10/04/2026
AfriForum911-reaksie-eenheid help met arrestasie van vermeende rowers

AfriForum911 se reaksie-eenheid in Bloemfontein het gister, in samewerking met MATA SEC en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), vinnig opgetree ná…

02/04/2026
AfriForum se Uitenhage-buurtwagte en kie neem deel aan massapatrollie

AfriForum se Mosel-buurtwag in Uitenhage het tussen Vrydagaand en Saterdagoggend aan die burgerregteorganisasie se massapatrollie in Uitenhage deelgeneem. AfriForum is…

01/04/2026
AfriForum skenk opgeleide polisiehond aan SAPD in Wes-Kaap te midde van tekort

AfriForum het vandag ’n opgeleide polisiehond genaamd Bruno (Belgiese Malinois) aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Wes-Kaap geskenk in…

26/03/2026
Daadwerklike implementering van Nasionale Landelike Veiligheidstrategie teen plaasaanvalle topprioriteit, sê AfriForum

Die implementering van die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie (NLVS) en die fokus op verbeterde reaksietye en sigbare polisiëring is in beginsel…