Veiligheid
Gemeenskapsveiligheid
AfriForum het in 2012 sy eerste buurtwag gestig en het die struktuur intussen uitgebrei na 177 landswyd. Die buurtwagte het/besit kommunikasienetwerke, reaksievermoë, toegang tot ’n inligtingstelsel, hommeltuie, opleiding en ondersteuning vanaf AfriForum-hoofkantoor.
Noodnommer: 063 639 7170

Oor ons
Met die verval van basiese dienslewering in Suid-Afrika het AfriForum begin kyk na praktiese oplossings vir die probleme. Een van die grootste uitdagings wat landsburgers in die gesig staar, is die onaanvaarbaar hoë misdaadsyfer en die Suid-Afrikaanse polisiediens se groeiende onvermoë om sy basiese take uit te voer. Alhoewel die hoofoorsaak hiervan by swak politieke leierskap en besluite lê, is daar praktiese stappe wat gemeenskappe kan doen om misdaad te help bekamp, soos om ’n buurtwag te stig en aktief aan hierdie veiligheidstruktuur deel te neem.
AfriForum het in 2012 sy eerste buurtwag gestig en het die struktuur intussen uitgebrei na 177 landswyd. Die buurtwagte het/besit kommunikasienetwerke, reaksievermoë, toegang tot ’n inligtingstelsel, hommeltuie, opleiding en ondersteuning vanaf AfriForum-hoofkantoor.
Samewerking met die SAPD en ander wetstoepassingsowerhede is van kardinale belang omdat buurtwaglede se magte tog beperk is tot dié van vrywilligers. Daarom streef AfriForum daarna om goeie verhoudings te kweek met die SAPD op grondvlak en hoër. Hierdie doelwit keer egter nie die organisasie om korrupsie, wanbestuur en politieke inmenging in die polisiediens aan die groot klok te hang en te beveg nie.
Hierdie samewerking het al tot groot suksesse gelei en AfriForum word gereeld deur wetstoepassers genader om bystand te lewer tydens operasies.
Tog funksioneer AfriForum se buurtwagte onafhanklik en maak staat op regte wat deur Suid-Afrikaanse wetgewing aan burgers verseker word, om buurtwagaktiwiteite veilig, doeltreffend en binne die raamwerk van die wet uit te voer.
AfriForum se Afdeling: Gemeenskapsveiligheid dryf ook veldtogte om bewusmaking oor veiligheid te bevorder en die regering aan te pak indien nodig.
Die span
- Raymond Hohls
Operasionele bestuurder - Jacques Broodryk
Hoofwoordvoerder - Llewellynn Hemmens
Veiligheidshoof: Noordstreek (Mpumalanga, Gauteng, Limpopo) - Joseph Renaud
Veiligheidshoof: Sentraalstreek (Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal) - David Olivier
Veiligheidshoof: Suidstreek (Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap)