Veiligheid
Buurtwagte
AfriForum het in 2012 sy eerste buurtwag gestig en het die struktuur intussen uitgebrei na 177 landswyd. Die buurtwagte het/besit kommunikasienetwerke, reaksievermoë, toegang tot ’n inligtingstelsel, hommeltuie, opleiding en ondersteuning vanaf AfriForum-hoofkantoor.
Noodnommer: 063 639 7170

AfriForum Buurtwagtoep
AfriForum het ’n hoogs gevorderde selfoontoepassing (toep) ontwikkel spesifiek vir sy buurtwaglede. Dié toep kan gebruik word wanneer lede vir patrollies aanmeld, om insidente aan te meld en om hulp te ontbied wanneer buurtwaglede in nood verkeer. Foto’s en video’s kan ook op die toep gelaai word wanneer ’n insident aangemeld word.
Jou gemeenskap, julle veiligheid
Laai die AfriForum-buurtwagtoep af om jou omgewing saam met medebuurt- of plaaswaglede te patrolleer.
Meld insidente soos plaasaanvalle, rooftogte, veediefstal, betreding of grondgrype op die toep aan om boek te hou van die misdaad in jóú area.
Gebruik ook die toep wanneer jy jou plaas of woonbuurt patrolleer.
Nou beskikbaar in Play Store of iStore vir AfriForum-buurtwaglede en SAAI-lede.
Stappe vir registrasie:
Stap 1: Laai die AfriForum-buurtwagtoep in Play Store of iStore af.
Stap 2: Klik op “Registreer”, kies die organisasie waaraan jy behoort (AfriForum of SAAI) en sleutel jou ID-nommer in. Jy moet eers registreer voordat jy kan aanteken.
Stap 3: Sleutel die eenmalige PIN in wat na jou selfoonnommer toe gestuur word.
Stap 4: Skep jou profiel deur die besonderhede in te vul en kies die buurt- of plaaswag waaraan jy behoort.
Stap 5: Meld aan en klik op “Start patrol” sodra jy patrollie ry of klik op “Report incident” om insidente intyds aan te meld.
Stap 6: Baie belangrik: Maak seker die liggingstelling (Engels: location setting) vir die toep is altyd aan sodat jou patrollieroete reg vertoon en korrek deurtrek.
Vir navrae of probleme met die toep stuur ‘n e-pos na navrae@afriforum.co.za.
Verslae
7 Mei 2026
22 April 2026
4 Februarie 2026
4 Februarie 2026
4 Februarie 2026
27 Januarie 2026
26 Januarie 2026
26 Januarie 2026
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.



