Veiligheid

Gemeenskapsveiligheid

Noodnommer: 063 639 7170

Gereelde vrae

Kyk op webblad na lys van buurtwagte, of skakel relevante koördineerder.

https://afriforum.co.za/veiligheid/buurtwagte/buurtwagte/

Sluit aan as lid van AfriForum, en teken die Buurtwaggedragskode.

Nee, dis aparte lidmaatskappe.

Besoek ons webblad of YouTube-kanaal of skakel die relevante koördineerder.

AfriForum voorsien die volgende aan sy buurtwagte:

  1. Toerusting
  2. Radiokommunikasienetwerk
  3. Regsbystand
  4. Groter bedingingsmag
  5. Formele stigtingsproses
  6. Buurtwagtoerusting
  7. Struktuur
  8. Leiding in:
    Organisasiebestuur
    Inligtingbestuur
    Operasiebestuur
    Steunstelselsbestuur
  9. Opleiding
  10. Traumaberading en ondersteuning (ATE)
  11. Nasionaal gevestigde strukture
  12. Nasionale verteenwoordiging
  13. Organisasiebetrokkenheid
  14. Jaarlikse erkenning en toekennings
  15. Deel van nasionale netwerk van geleenthede/skakeling
  16. Deel van nasionale beeld en reputasie
  17. Deel van nasionale operasies wat uitgevoer word
  18. Deel van nasionale verbindingsnetwerk
  19. Direkte toegang tot breëspektrumopleiding
  20. Direkte toegang tot spesialisopleiding/spesialiste
  21. Leiding m.b.t.waarderings-/beplanningsprosesse
  22. Leiding m.b.t. gebeurlikheidsbeplanning
  23. Lugvleuel, met opgeleide hommeltuigvlieëniers
  24. Onafhanklike funksionering
  25. Toegang tot nooddienste

Artikel 18 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het op vryheid van assosiasie.

Dit impliseer dat geen wetgewing, regulasie of dokument van soortgelyke krag ’n persoon kan dwing om deel van ’n instelling te wees nie. Byvoorbeeld, regulasies wat ’n buurtwaglid sou dwing om by die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) of tersaaklike Departement van Gemeenskapsveiligheid te registreer, sal as ongrondwetlik beskou kan word. Dit impliseer verder dat ’n persoon die reg het om te assosieer met ’n organisasie van sy keuse, met die voorbehoud dat dit binne die raamwerk van die wet moet geskied.