Veiligheid

Gemeenskapsveiligheid

Noodnommer: 063 639 7170

Plaasaanvalle

SUID-AFRIKAANSE BOERE WORD DAAGLIKS DEUR PLAASAANVALLE BEDREIG.

Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregteorganisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

AfriForum wy hom daaraan toe om ons 177 buurt- en plaaswagstrukture landswyd aanhoudend uit te brei en hierdie strukture toe te rus en op te lei om hulself te beveilig en terug te veg teen plaasaanvalle. Die organisasie is ook daarop toegespits om bewusmaking oor plaasmoorde nasionaal en internasionaal te skep deur veldtogte te dryf wat die realiteit van plaasaanvalle blootlê.

Mediaverklarings

12/02/2026
Te midde van kommer oor politieke inmenging neem AfriForum waarnemingsrol in lugmagsersant-moordsaak

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ’n waarnemingsopdrag in die moordsaak van die lugmagsersant Michael Swanton, uit te voer….

09/02/2026
AfriForum: Fluitjieblaser-onthullings bevestig vuurwapenwetsontwerp is polities gedrewe

AfriForum sê dat fluitjieblasers se getuienis voor die onlangse sitting van die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van polisiekorrupsie ondersoek,…

02/02/2026
Gautengse misdaadbestryders nou vredesbeamptes: AfriForum waarsku oor wetlike- en veiligheidskwessies

AfriForum doen ’n beroep op die nasionale en provinsiale owerhede om ten volle bekend te maak wat die opleidings- en…

23/12/2025
Roekelose gebruik van vuurwapens kan nie genormaliseer word nie – AfriForum ná adjunkburgemeester glo vuurwapen afvuur

AfriForum sê dit is onaanvaarbaar vir individue in leiersposisies, wat veronderstel is om die oppergesag van die reg te handhaaf,…

02/12/2025
AfriForum stel jongste vakansieveiligheidsgids bekend om gesinne teen seisoenale misdaad te beskerm

AfriForum het vandag sy jongste gids met omvattende wenke bekendgestel wat Suid-Afrikaners sal help om hulself en hul geliefdes tydens…

28/11/2025
Afwenteling van polisiëringsmag nou noodsaaklik om risiko van politieke inmenging in SAPD te beperk – AfriForum

AfriForum het vandag, in reaksie op die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se misdaadstatistiek vir die eerste en tweede…