Ons is Afrikaners

Onderwys- en leierskapprojekte

Gidse en gratis hulpbronne

Onderrig is die sleutel tot die toekoms van Afrikaners. Die behoud van uitnemende Afrikaanse onderriginstellings – van voorskoolse tot tersiêre vlak – deur die beskerming van alle faktore wat moedertaal- en hoëgehalteonderrig moontlik maak, is dus ’n prioriteit. Dit sluit ’n wye spektrum van dienste aan skole in waaroor daar meer in die AfriForum Onderwysgids vertel word.

Laai die AfriForum Onderwysgids hier af: https://www.artikels.afriforum.co.za/wp-content/uploads/2024/02/AfriForum-Onderwysgids-2024.pdf

Om deursoek te word – veral as jy weet jy het niks verkeerd gedoen nie – bly ’n bitter pil om te sluk. Daar is egter ’n situasie wat bogenoemde troef en dit is wanneer jou kinders deursoek word deur vreemdelinge by ’n plek wat jy altyd as veilig beskou het – die skool!

Laai die AfriForum Skoolklopjagtegids hier af: https://afriforum.b-cdn.net/wp-content/uploads/2023/07/Skoolklopjagtegids-sonder-bleed.pdf

Dié film vorm deel van AfriForum se teenboelie-en-selfdoodbewusmakingsveldtog spesifiek gemik op hoërskoolleerders. Die film #SkepHoop in ’n wêreld waar skoolkinders onder boelies gebuk gaan. Daar is egter altyd ’n uitweg! Die film is gratis beskikbaar op AfriForumTV en kan tydens saalperiode aan leerders vertoon word.

Lees meer

AfriForum se teenboelieveldtogspan #VegEnBou sedert 2017. Ons veg deur afknouery in skole hok te slaan. 265 skole, 209 327 leerders, 7 356 onderwysers en 2 000 ouers reg oor die land is reeds oor afknouery toegespreek, asook die impak daarvan. Ons bou deur hoop te skep en sowel skole as gemeenskappe met die nodige kennis en vaardighede toe te rus om afknouery hok te slaan. Veilige skole sorg vir veilige gemeenskappe – nie net nou nie, maar ook in die toekoms.

AfriForum se teenboelieveldtog is vanjaar agt jaar oud en ons wil elke skool, leerder, onderwyser en ouer bedank wat in hul onderskeie gemeenskappe as ambassadeurs optree om afknouery teen te staan.

Word deel van die oplossing, los voetspore en skep saam met AfriForum hoop deur proaktief op te tree. Saam kan ons sorg vir vry, veilige en voorspoedige skole en gemeenskappe. Stuur gerus ’n e-pos na tania.scheepers@afriforum.co.za as jou skool hierby betrokke wil raak.

a. AfriForum se teenboeliegids

Die AfriForum Teenboeliegids help kinders/leerders om die definisie en impak van boeliery/ afknouery te verstaan deur dit te vergelyk met ’n lelike, omgekrapte boeliereus. Hierdie metafoor sal kinders help om bewus te raak van die rol wat hulle in afknouery speel – of hulle nou tipiese teikens, die boelie self of die omstanders is, of selfs in al drie kategorieë val. Die rol van die omstanders kan veral as belangrik geag word. Hierdie gids is bedoel om kinders te help besef wat die krag van die omstanders is – om ’n bondgenoot te word vir ander en om vir hulleself en vir ander op te staan. Die gids help hulle besef dat hulle beter empatie kan aanleer, hoe om meer betrokke te raak via goeie en vriendelike dade, en hoe hulle kan opstaan teen afknouery. Dit is belangrik om met hierdie bewusmaking reeds by kinders te begin juis omdat hulle as agente van verandering kan optree om verder in die samelewing ’n verskil te gaan maak.

As ’n volwassene kan jy die inhoud van die gids met jou kind deel deur die gids met hulle te bespreek. Mag ons kinders leer om hulle eie identiteit te koester en om ander mense met respek te hanteer. Ons kinders is die leiers van môre, hulle is ons land se toekoms. Jy as ouer of onderwyser maak ’n reuse-impak in ons kinders se lewens: Leer hulle om hul liggies helder te laat skyn in die donker wêreld daar buite sodat hulle ’n verskil in ander kinders se lewens kan maak. Leer kinders om hulle maats op te bou in plaas van af te breek. Ons elkeen is uniek en uitgekies!

b. AfriForum se kuberboeliegids

Tegnologie ontwikkel daagliks. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie. Boeliery wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou uitgekring na boeliery deur tegnologie en sosiale media. Dit staan bekend as kuberboeliery. Kinders se behoefte om met hul maats te kommunikeer is steeds dieselfde, maar die maniere hoe hulle kies om met mekaar te kommunikeer het geweldig verander. Daar is soveel voordele wat die internet en sosiale media vir ons inhou, maar daar is ongelukkig ook net soveel nadele en gevare – veral as dit kom by ons kinders en hul veiligheid.

Die doel van hierdie gids is om ouers, onderwysers en leerders met die nodige kennis en vaardighede te bemagtig om kuberboeliery hok te slaan, asook om hulle meer bewus te maak van die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery (“sexting”) en kinderpornografie. Dié gids is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, die SAPD se reeks- en elektroniese misdaadeenheid (SECI), die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) saamgestel.


Onderwysnuusbrief

Bly op hoogte van die jongste verwikkelinge in die onderwyssektor.

Welkom by ons onderwysnuusbriefblad! Hier deel ons die jongste nuus, insigte en inisiatiewe wat die onderwyssektor en ouers raak, met ’n spesiale fokus op AfriForum se projekte, veldtogte en gemeenskapsbetrokkenheid.

Maak seker jy bly op hoogte van die jongste nuus deur op ons maandelikse nuusbrief in te teken. Vul jou e-posadres hieronder in om elke maand ons nuusbrief in jou inboks te ontvang.

Teken in


Kontak ons

"*" indicates required fields

Naam en van
This field is for validation purposes and should be left unchanged.