Ons is Afrikaners
Onderwys- en leierskapprojekte
Kultuursake is verantwoordelik vir nasionale strategieontwikkeling, projekte wat met internasionale skakeling verband hou, asook terreine wat met taal en kultuur verband hou.

Webinare
Kuberafknouery-webinaar
AfriForum se teenboelieveldtogspan bied ’n webinaar oor kuberafknouery aan. Besoek www.s-leer.co.za.
Hierdie webinaar fokus op:
- Boeliegedrag – met spesifieke fokus op kuberafknouery en wat dit alles behels.
- Kinders en die veilige gebruik van tegnologie, die internet en toepassings.
- Die gevaartekens van moontlike selfdoodpogings.
- Regsadvies: Wat sê die wet oor boeliegedrag en kuberafknouery?
Sprekers:
- Leandie Bräsler (AfriForum se bestuurder vir Jeugleierskap)
- Prof. Elmarie Kritzinger (Unisa)
- Gerhard Nieuwoudt (distrikskoördineerder by AfriForum)
- Daniël Eloff (prokureur by Hurter Spies Ing.)
Kuberafknouery-webinaar – wat ouers en onderwysers alles moet weet oor kinders, boeliegedrag en die veilige gebruik van tegnologie. Luister gratis na hierdie webinaar by www.s-leer.co.za.
Onderwysnuusbrief
Bly op hoogte van die jongste verwikkelinge in die onderwyssektor.
Welkom by ons onderwysnuusbriefblad! Hier deel ons die jongste nuus, insigte en inisiatiewe wat die onderwyssektor en ouers raak, met ’n spesiale fokus op AfriForum se projekte, veldtogte en gemeenskapsbetrokkenheid.
Maak seker jy bly op hoogte van die jongste nuus deur op ons maandelikse nuusbrief in te teken. Vul jou e-posadres hieronder in om elke maand ons nuusbrief in jou inboks te ontvang.
Teken in
Kontak ons
"*" indicates required fields