Gemeenskapsbou is ’n kernfokus van AfriForum se werk. Hierdie skoolplatform is ontwikkel om Afrikaanse skole en ouers in ons gemeenskappe te ondersteun deur toegang tot AfriForum se dienste, kundigheid en netwerke te bied.

Afrikaanse skole vorm die hart van ons gemeenskappe. Deur hierdie platform skep AfriForum ’n gestruktureerde ruimte waar skole, ouers en ander rolspelers kan saamwerk, inligting kan deel en aktief kan bydra tot sterker, veiliger en meer selfstandige gemeenskappe.

Die platform fokus op praktiese ondersteuning, samewerking en gemeenskapsbetrokkenheid – omdat sterk skole die grondslag lê vir sterk gemeenskappe.

Skoolvrywilligers

’n Skoolvrywilliger is die belangrike skakel tussen AfriForum en ’n skool in die gemeenskap. Die vrywilliger dien as kontakpunt en help om kommunikasie, samewerking en ondersteuning tussen AfriForum, die skool en ouers te fasiliteer.

Skoolvrywilligers help om AfriForum se dienste, inisiatiewe en inligting na die skool te kanaliseer, terwyl hulle ook terugvoer en behoeftes vanuit die skool na AfriForum oordra. Op hierdie manier dra hulle by tot sterker verhoudings, beter samewerking en volhoubare gemeenskapsbou rondom die skool.

Ek wil graag betrokke raak:

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*

Wat doen AfriForum vir skole?

Jeugleierskapontwikkeling

Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop in skole te skep. Elke kind in ons land verdien die nodige leiding om hul leierseienskappe te ontwikkel. Ons kinders is immers die leiers van môre. Saam met Manie Botha van Evolve Life bied ons leierskapsontwikkelingsessies vir graad 6- en 7-leerders by skole aan.

Stuur gerus ’n epos aan onderwys@afriforum.co.za as jou skool van hierdie diens gebruik wil maak.

Kleuterskool

Pandemierisikobestuursgids – ’n Gids vir Vroeëkinderontwikkelingsentrums in Suid-Afrika

Webinaar: Risikobestuurs vir Kleuterskole

Onderwysinligtingsblad

AfriForum is ten gunste van gehaltemoedertaalonderrig en fokus daarom veral op Afrikaanse skole. Ons beveg enige poging wat die etos en gehalte bedreig van onderrig wat by dié skole aangebied word.

Stuur gerus enige navrae oor onderwyssake aan onderwys@afriforum.co.za.

Kontak die volgende persone vir meer inligting:

Gereelde kwessies:

Kontak die skool se beheerliggaam vir leiding.

Rig jou navraag aan die AfriForum-traumaeenheid.

Kontak FEDSAS of die ouerbeheerliggaam, of die SAOU in geval van dreigement teen personeel.

Kontak FEDSAS of die SAOU.

Kontak FEDSAS.

Kontak FEDSAS.

Kontak FEDSAS.

Kontak Helpende Hand.

Kontak FEDSAS.

Kontak FEDSAS.

Kontak Helpende Hand of Akademia.

Word ongelukkig nie toegestaan nie.

Kontak AfriForum Jeug.

Kontak AROS.

Kontak Akademia.

1. Wat doen AfriForum en ons entiteite vir skole?

Onderrig is die sleutel tot die toekoms van Afrikaners. Die behoud van uitnemende Afrikaanse onderriginstellings – van voorskoolse tot op tersiêre vlak – deur die beskerming van alle faktore wat moedertaal- en hoëgehalteonderrig moontlik maak, is dus ’n prioriteit. Dit sluit ’n wye spektrum van dienste aan skole in, waaroor daar meer in hierdie gids vertel word.

Laai die gids hier af.

2. Geweld, polisieklopjagte en deursoekings in skole

Om deursoek te word – veral as jy weet jy het niks gedoen nie – bly ’n bitter pil om te sluk. Daar is egter ’n situasie wat die eersgenoemde troef, en dit is wanneer jou kinders deursoek word.

Die heel ergste is egter: Jou kind word deursoek deur ’n vreemdeling by ’n plek wat jy altyd as veilig beskou het – die skool!

Laai die gids hier af.

Teenboelie

AfriForum se teenboelieveldtogspan #VegEnBou sedert 2017.

Laai die Teenboeliegids hier af.

Ons veg deur afknouery in skole hok te slaan. 172 skole, 133 000 leerders, 6 000 onderwysers en 2 000 ouers reg oor die land is reeds oor afknouery toegespreek, asook die impak daarvan.

Ons bou deur hoop te skep en sowel skole as gemeenskappe met die nodige kennis en vaardighede toe te rus om afknouery hok te slaan.

Veilige skole sorg vir veilige gemeenskappe – nie net nou nie, maar ook in die toekoms.

AfriForum se teenboelieveldtog is vanjaar sewe jaar oud en ons wil elke skool, leerder, onderwyser en ouer bedank wat in hul onderskeie gemeenskappe as ambassadeurs optree om afknouery teen te staan.

Word deel van die oplossing, los voetspore en skep saam met AfriForum hoop deur proaktief op te tree. Saam kan ons sorg vir vry, veilige en voorspoedige skole en gemeenskappe. Stuur gerus ’n e-pos aan tania.scheepers@afriforum.co.za of leandie.brasler@afriforum.co.za as jou skool van dié aanbiedinge gebruik wil maak.

1. AfriForum se teenboeliegids:

Die AfriForum Teenboeliegids help kinders/leerders om die definisie en impak van boeliery/ afknouery te verstaan deur dit te vergelyk met ‘n lelike, omgekrapte boeliereus. Hierdie metafoor sal kinders help om bewus te raak van die rol wat hulle in afknouery speel: of hulle nou tipiese teikens is, die boelie self, of die omstanders – of selfs in al drie kategorieë val. Die rol van die omstanders kan veral as belangrik geag word. Hierdie gids is bedoel om kinders te help besef wat die krag van die omstanders is – om ‘n bondgenoot te word vir ander en om vir hulleself en vir ander op te staan. Die gids help hulle besef dat hulle beter empatie kan aanleer, hoe om meer betrokke te raak in goeie en vriendelike dade, en hoe hulle kan opstaan teen afknouery. Dit is belangrik om met hierdie bewusmaking reeds by kinders te begin, juis omdat hulle as agente van verandering kan optree om verder in die samelewing ‘n verskil te gaan maak.

As ‘n volwassene kan jy die inhoud van die gids met jou kind deel deur die gids met hulle te bespreek.

Mag ons kinders leer om hulle eie identiteit te koester en om ander mense met respek te hanteer. Ons kinders is die leiers van môre, hulle is ons land se toekoms. Jy as ouer of onderwyser maak ‘n reuse-impak in ons kinders se lewens: leer hulle om hulle liggies helder te laat skyn in die donker wêreld daar buite, sodat hulle ‘n verskil in ander kinders se lewens kan maak. Leer kinders om hulle maats op te bou in plaas van af te breek. Ons elkeen is uniek en uitgekies!

Laai die Teenboeliegids hier af.

2. Kuberboeliery-gids

Tegnologie ontwikkel daagliks. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie. Boeliery wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou uitgekring na boeliery deur tegnologie en sosiale media. Dit staan bekend as kuberboeliery. Kinders se behoefte om met hul maats te kommunikeer, is nog steeds dieselfde, maar die maniere hoe hulle kies om met mekaar te kommunikeer het geweldig verander. Daar is soveel voordele wat die internet en sosiale media vir ons inhou, maar daar is ook soveel nadele en gevare – veral as dit kom by ons kinders en hul veiligheid.

Die doel van hierdie gids is om ouers, onderwysers en leerders met die nodige kennis en vaardighede te bemagtig om kuberboeliery hok te slaan, asook om hulle meer bewus te maak van die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery (sexting) en kinderpornografie. Dié gids is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, die polisie se reeks- en elektroniese misdaadeenheid (SECI), die Universiteit van Johannesburg en Unisa saamgestel.

Laai die Kuberboeliery-gids hier af.

3. Hulpbrongids vir COVID-19-grendeltyd en ander krisistye-gids:

Die COVID-19-pandemie het Suid-Afrika net soos die res van die wêreld tot stilstand gebring. Dit het nie net ’n groot impak op volwassenes en kinders se fisiese gesondheid nie, maar kan ook ’n geweldige impak hê op ons emosionele welstand. In hierdie onsekere tyd probeer almal aanpas by die nuwe “normaal”.

AfriForum het besluit om hande te vat met Impact Therapy Centre deur die gids wat die sielkundige Ashleigh Yaman opgestel het te vertaal. Hierdie gids is belangrik omdat dit kinders en volwassenes (ouers en onderwysers) bemagtig met tegnieke om tye wat deur angs en gevoelens van oorweldiging gekenmerk word te hanteer. In hierdie tyd neem frustrasie toe en angsvlakke styg geweldig. Die feit dat daar nie met sekerheid bepaal kan word wanneer die virus en sy oorsake tot ’n einde gaan kom nie bring groot uitdagings vir almal se emosionele welvaart mee. Dit is dan juis goed dat daar ’n gids soos hierdie in plek is. Ons is daarom dankbaar dat ons op hierdie manier saam met Ashleigh Yaman en Impact Therapy Centre kan werk. Dankie! Selfs in die post-COVID-19-tydperk sal hierdie gids steeds bruikbaar wees wanneer volwassenes weer al die stukke moet optel. Hulle kan dalk oorweldig voel as hulle weer moet gaan werk, dalk weer nuwe werk moet soek. Skole, onderwysers en leerders sal moontlik by ’n aangepaste kurrikulum moet aanpas; die gewone roetine van die jaar kan moontlik ook verander en dan moet almal by ’n nuwe roetine aanpas.

Die tegnieke in hierdie gids is vir enige krisis bruikbaar, onder andere boeliegedrag by kinders, en die gids kan deur ouers, onderwysers en leerders gebruik word. Dit is veral vir AfriForum Junior Jeugleierskap belangrik om om te sien na ons land se kinders en hulle veiligheid – fisies sowel as emosioneel.

3. Hulpbrongids vir COVID-19-grendeltyd en ander krisistye-gids:

Ons is oortuig dat hierdie gids ’n verskil sal maak in baie lewens!

Laai die Hulpbrongids vir COVID-19-grendeltyd en ander krisistye gratis hier af.

Vir kinders, ouers en onderwysers

Vir ouers en onderwysers

Mini-dokumentêr:

Herman Odendaal
AfriForum se kort-dokumentêr oor die verhaal van die 12-jarige Herman Odendaal:

EPISODE 1:

Leandie Bräsler
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag

EPISODE 2:

Gerhard Nieuwoudt
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag

EPISODE 3:

Prof. Elmarie Kritzinger
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking

EPISODE 4:

Daniël Eloff
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag

EPISODE 5:

Ashleigh Yaman
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag

EPISODE 6:

Hui-Mari Meyer
AfriForum se teenboelieveldtog skep bewusmaking rondom boeliegedrag

  1. Kuberafknouery-webinaar:

AfriForum se teenboelieveldtogspan bied ’n webinaar oor kuberafknouery aan by www.s-leer.co.za. Hierdie webinaar fokus op:

  • Boeliegedrag, met spesifieke fokus op kuberafknouery en wat dit alles behels
  • Kinders en die veilige gebruik van tegnologie, die internet en toepassings
  • Die gevaartekens van moontlike selfdoodpogings
  • Regsadvies: wat sê die wet oor boeliegedrag en kuberafknouery?

Sprekers:

  • Leandie Bräsler (AfriForum se bestuurder vir Junior Jeugleierskap)
  • Elmarie Kritzinger (Unisa)
  • Gerhard Nieuwoudt (distrikskoördineerder by AfriForum)
  • Daniël Eloff (prokureur by Hurter Spies Ingelyf)

Luister gratis na hierdie webinaar by: Kuberafknouery-webinaar: wat ouers en onderwysers alles moet weet oor kinders, boeliegedrag en die veilige gebruik van tegnologie

AfriForum en Solidariteit Helpende Hand vat hande met die veldtog #EkIsWondermeisie. Dit is waar AfriForum se teenboelieveldtog en Helpende Hand se FroueVonds en #HelpHetta-projek saamsmelt om ’n verskil te maak in behoeftige meisies se lewens. Vanjaar lê dié organisasies besoek af by skole in die Oos-Kaap.

AfriForum se teenboelieveldtog fokus op die bemagtiging van jongmense en om hulle toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om boeliegedrag hok te slaan. Soms vind innerlike boeliegedrag plaas, veral onder jong meisies.

Drieduisend skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ’n kwartaallikse basis. Hierdie Hetta-meisies ontvang ook opleiding in verskillende kwessies, soos verwerping, groepsdruk, selfverdediging en mishandeling. Verder word hulle emosioneel en geestelik ondersteun deur gereelde WhatsApp-boodskappe. Die inhoud word deur Helpende Hand se span maatskaplike werkers saamgestel. Besoek www.helphetta.co.za vir meer inligting.

In ’n gebroke en mededingende wêreld is dit juis nodig om meisies te bemagtig om uit te staan in hierdie wêreld deur hulle aan te spoor om net hulself te wees. Tydens die Help Hetta-toer word baie elemente van AfriForum se teenboelieveldtog gebruik, waar daar gesels gaan word oor die belangrikheid van selfwaarde en dat ons ons waarde nie in hierdie wêreld moet soek nie, maar dat ons klaar waardig is in God se oë. Meisies is geneig om hulself af te breek deur middel van vergelyking en die gebruik van sosiale media – dit knak baie keer hulle selfvertroue. Dit is belangrik dat meisies ook op so manier bemagtig word dat hulle moet besef dat hulle liggame ’n tempel van Jesus Christus is en dat hulle hul eie liggame moet respekteer en bewaar en dat hulle liggame ook deur ander gerespekteer moet word. #EkIsWondermeisie sal die meisies ook leer om hulle volle wapenrusting aan te trek.

Ontmoet die #EkIsWondermeisie-span

Benette Welman

Projekorganiseerder by Solidariteit Helpende Hand

Leandie Bräsler

Bestuurder: Juniorjeugleierskap-ontwikkeling by AfriForum

Bernadette Nel-Naude

Gemeenskapontwikkelingsbestuurder by Atlas Sekuriteit in Port Elizabeth

Tania Scheepers

Projekassistent: Onderwys by AfriForum

Podgooi

Jaarliks word die onderwyskwessies in Suid-Afrika al meer omstrede en relevant. Carien Bloem, bestuurder van onderwys by AfriForum, en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels maandeliks oor die onderwysgebeure van dié spesifieke maand. Ons lewer kommentaar en reflekteer oor die gebeure en kry soms ook kenners in om saam met ons te gesels.

Video’s

Onderwys in gesprek Podsending Ep.5

Onderwys in gesprek Podsending Ep.4

Onderwys in gesprek Podsending Ep.3

Onderwys in gesprek Podsending Ep.2

Onderwys in gesprek Podsending Ep.1

Gidse

BOELIE- EN KUBERBOELIE-GEDRAG BY SKOLE: ‘N PRAKTIESE GIDS VIR OUERS

AfriForum teenboeliegids

Nuusbrief

Teken in op ons Onderwysnuusbrief

Mediaverklarings

04/06/2026
AfriForum waarsku Tshwane-metro oor sny van skole se krag

03/06/2026
Oorwinning in matriekuitslae-saak: IR is verlof tot appèl geweier

18/05/2026
AfriForum bekommerd oor GDO se verskuiwing van blaam, hersiening van desentralisasie

12/05/2026
Onderwysspan wys 3 540 Wes-Kaapse leerders waarde van debatsvaardighede en hoe om boeliegedrag te hanteer

12/05/2026
Wes-Kaapse hoërskoolleerders kook by Dink of Sink-uitdunne

11/05/2026
Drie Despatch-skole baat uit AfriForum se teenboelie-praatjie

11/05/2026
AfriForum se teenboelieveldtogspan bemagtig leerders by Laerskool Verkenner

08/05/2026
AfriForum leer Laerskool Vredekloof om wapenrusting teen boeliegedrag aan te trek

08/05/2026
AfriForum bemagtig Laerskool Totius om groot impak met klein keuses te maak

08/05/2026
Boeliegedrag verloor sy krag wanneer waardes geleef word: AfriForum inspireer leerders by Laerskool Gene Louw

07/05/2026
AfriForum moedig skole in Tshwane-metrogebied aan om kragprobleme aan te meld en skadevergoeding te eis

07/05/2026
AfriForum se teenboeliespan swaai leerders van toeskouers tot kampvegters vir geregtigheid