AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
Betalingsplatform
AfriForum se finansiesafdeling het ’n betalingsplatform ontwikkel wat beskikbaar is vir enige persoon of instelling wat aankope wil doen.
Die outomatiese betalingsproses sluit die volgende funksies in:
- indiening van betalings
- verskafferverifiëring met ’n verskaffersdatabasis
- goedkeurings deur begrotingsbestuurders
- nagaan en goedkeuring deur finansiesafdeling
- oplaai van betalingslêer op internetbankdienste
- kontantvloeibestuursfunksie
- skep van verskeie verslae vir bestuursdoeleindes
- bateverifiërings- en -ouditfunksie.


Wat bied AfriForum vir my? 

