AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

Forum Sekuriteit Dienste

Die hoofdoelstelling van Forum Sekuriteit is om doeltreffende sekuriteitsdienste te lewer en om daardeur die grondwetlike regte van gemeenskappe en die publiek ten opsigte van veiligheid en sekuriteit te beskerm.

Forum Sekuriteit se beheerkamer bied 24/7-kameramonitering deur gebruik te maak van die nuutste tegnologie in die bedryf.

Forum Sekuriteit moniteer nie net ’n aantal kameras dwarsoor Suid-Afrika nie, maar die beheerkamer is ook by verskeie ander netwerke ingeskakel om in noodsituasies vinnig te kan optree.