AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
AfriForum Teater

AfriForum Teater, wat ons as dié tuiskomplek vir Afrikaanse kunste beskryf, is een van AfriForum se entiteite in die AfriForum Beleggingsmaatskappy.
AfriForum Teater is in 2021 tot stand gebring met die doel om Afrikaanse kunste te bevorder, maar ook om ’n gemeenskapsteater te wees wat ’n professionele platform aan gemeenskappe soos skole, kerke en sakeondernemings bied.
Dit is ’n plek waar opkomende kunstenaars kan ontwikkel en groei, asook waar professionele kunstenaars met gemak vertonings kan aanbied. Voorts kan korporatiewe gemeenskappe sonder moeite konferensies, berade en simposiums in die teater aanbied. Die teater beskik oor uitstekende klank-, beligtings- en multimediafasiliteite, asook ’n 378-sitplekouditorium. Die ouditorium kan selfs omskep word in ’n restaurant- of konferensiestyllokaal met 140 sitplekke.
Ons bied ook spesiale pakkette aan skole met besonder bekostigbare fooie en deurverdelings vir gemeenskapsgeleenthede en -kunstenaars.
Die teater is heeljaar werksaam. Besprekings kan vir Woensdag tot Sondag gemaak word, maar spesiale reëlings kan getref word indien die teater op ’n Maandag of Dinsdag benodig word.


Wat bied AfriForum vir my? 

