AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

kaartjies.co.za

AfriForum is daaraan toegewy om ons Afrikaanse kultuur en kunste te ondersteun. Ons glo aan die krag van kultuur om gemeenskappe te verenig en ons Afrikaanse erfenis te laat voortleef. Daarom is ons vasbeslote om die waarde hiervan te bevorder.

Ons het die kaartjies.co.za-platform geskep waar AfriForum, kunstenaars en gemeenskappe sáám kan groei en floreer.

Die kaartjies.co.za-platform bied die volgende voordele:

  • Geniet die nuutste tegnologie met ’n gebruikersvriendelike webtuiste wat volgens jou korporatiewe identiteit aangepas kan word.
  • Die platform bied ’n mededingende kostestruktuur vir skole en ander Afrikaanse organisasies.
  • Jy kan jou eie vloeruitleg bepaal, en die kaartjies.co.za-platform sal die kaartjies daarvolgens verkoop.
  • Die kaartjies word per e-pos of WhatsApp-boodskap aan jou kliënte gestuur.
  • Dit is ’n volledige bestuursinligtingstelsel met besonder bruikbare inligting oor kaartjieverkope wat aan die kliënt gestuur sal word, indien nodig.