AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
AfriForumTV

AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Dit bied ook ’n verskeidenheid kanale vir uiteenlopende smake wat jy met gemak op jou slimtoestel kan geniet.
Dit bied aan inhoudskeppers die geleentheid om hul inhoud te publiseer, mits dit aan AfriForumTV se waardes en die vereistes voldoen.
Dié gebruikersvriendelike toep maak die publiek as ’n gemeenskap deel van ’n Afrikaanse platform. Inhoud bestaan uit vermaak, nuus, aktualiteit, skolesport, realiteit- en leefstylprogramme, podsendings en kindervermaak.
AfriForumTV is gratis en bied ’n registrasieopsie wat vir elke gebruiker maklike toegang verseker. Besoek www.afriforumtv.co.za of laai die toep af. Dit is op alle Google Play-gesertifiseerde slim-TV’s en Android TV Box’e beskikbaar.


Wat bied AfriForum vir my? 

